28 dae gelede
Bakgat brownies
maklik EN LEKKER: Jy kan dié brownies saam met koffie, vir poeding of saam met roomys geniet.foto verskaf  ~ 

LEWER 16 brown­ies.

Bestanddele:

250 g botter, gesmelt

200 g bruinsuiker

4 eiers

80 g heelneutsjokolade, gesmelt

160 g donkersjokolade, gesmelt

5 ml vanieljegeursel

40 g kakaopoeier

25 g koekmeel

’n knippie sout

125 g neute, grof gekap

Versiering:

80 g sjokolade, gesmelt

gekapte neute (opsioneel)

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige 25 cm-pan of voer dit met bakpapier uit.

2. Meng die botter, suiker, eiers, sjokolade en geursel.

3. Meng die kakao, koekmeel, sout en gekapte neute in ’n ander bak.

4. Vou die droë bestand­dele deeglik by die sjoko­lademengsel in.

5. Giet die beslag in die pan. Bak 15 minute by 180 °C en nog 10 minute by 140 °C. Haal uit die oond en laat die gebak in die pan afkoel. Sny in blokkies.

Versiering:

Bedruip die blokkies met die gesmelte sjokolade. Versier met die neute of selfs lekkers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters