25 dae gelede
Ystervrou Zille weet presies hoe magspel genaamd politiek werk
Helen Zille  ~ Argief

SOMETHING old, something blue en something new.

Dis nou Helen Zille, voorsitter van die blou huis se federale raad.

Sy het Woensdag toe sommer ook al die ander senior poste gekry nadat Mmusi Maimane en Athol Trollip die DA-WhatsApp-groep verlaat het.

Die nuwe kaptein in die blou trein se enjinkamer het nou ook ’n stewige hand op die stuurwiel.

Moet bieg ek like nogal die ystervrou. Eintlik enige vrou­like politikus wat beginselvas is. Omdat politiek maar nog ’n manspel is en vroue die dak moet lig om in die arena genotice te word.

Die DA se drie dae in Oktober het my egter ’n bie­tjie moerig gemaak. Aanvanklik oor jong mense in die land vir jonger leiers smeek en nie dat oues recycle moet word nie.

Die eerste tekens dat Maimane besig is om ’n boks te soek om te begin pak, was toe hy sê hy sou verkies het dat ’n swart vrou een van die kandidate vir die pos van voorsitter van die federale raad moes wees.

’n Duidelik ongemaklike Maimane langs Zille op ’n Sondagmiddag was nog ’n teken.

Die spyker in die doodskis was toe hy Herman Mashaba ’n hero label. Sekondes nadat die outgoing Jozi mayor minder mooi woorde oor die DA te sê gehad het nie.

Die DA het al gewys hoe jong leiers deur sy ranks kan beweeg. Daar is byvoorbeeld die goeie Young Leaders-inisiatief.

Tog moet ’n mens vra: Is dit nie als tevergeefs nie as leiers uit retirement kan kom?

Die ander ding is hoe Zille met haar verkiesing skielik die lig aangesit het en Mmusi en Athol nou skielik sien wat om hulle aangegaan het.

Dit sê baie van hulle as leiers. Het die twee dan in die donkerte gelei of net hul rug gedraai op wat hulle nou as die realiteit ag?

En dit is wat my moerig maak.

Want hier bedank twee van die drie mees senior verkose lede van die tweede grootste politieke party saam vir die eerste keer in ons jong demokrasie, en ons word gesê alles sal fine wees.

Politici, is alles orrait by die huis? In die voorwoord van haar outobiografie skryf Zille politiek is oor mag. Hoe dit gewen, gebruik, gemanipuleer, verloor en herwin word.

Aunty Pat (De Lille) sê mos: “Politiek is nie vir sissies nie.”

Intussen is Otta Maree of Godzilla, soos sommige haar noem, nou duidelik Mzansi se Iron Lady.

Politici, hier’s ’n bietjie un­solicited advice: Dala what you must en wees eerlik!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters