3 maande gelede
Wees bang, wees baie bang – die fearful season is op ons
 ~ 

VRAGIE: Het jy ’n R5- of AK47 assault­ rifle?

Heel waarskynlik sal jy sê nee, jy het nie. Maar wat as ek vir jou sê jy hét?

Laat ek verduidelik: Party mense, wanneer hulle agter die stuurwiel inskuif, is gevaarliker as ’n maniak met ’n R5 of AK47.

Die jaarlikse padsterftes getuig immers daarvan.

Toe ek dié geskryf het, was daar nog nie ’n totale sterftesyfer nie, maar die statis­tieke net vir die langnaweek is sobering.

Ek het iewers gelees dat net in Gauteng 31 padslagoffers dood is in 29 crashes.

Maar die Wes-Kaap is nie ver agter nie met ’n record of sorts: 28 slagoffers.

Daar was een horrifying crash op die N1 by Touw­s­rivier langs. Dit was ’n taxi crash waarin 12 slagoffers dood is.

Verlede jaar se sterftesyfer vir die festive season was 1 527. Dis darem ’n drop van 5% teenoor dié van die 1 714 vir 2016.

Nee, dié is nie die festive season nie: Ek noem dit sommer die fearful season.

Want, ek wat darem so ’n bietjie iets weet van bestuur, is skytbang dié tyd van die jaar.

Dat party mense gesuip sal bestuur, is so te sê ’n given­.

Dít, en dat Gauties en Vrystaters half aan die slaap sal probeer om in die Kaap en Baai aan te kom.

Maar dis die bestuurders wat so deur die verkeer vleg wat my ballas in my keel laat kom sit.

Net gister, op ’n relatiewe stil N1 op pad werk toe, sny ’n bestuurder skielik uit die vinnige baan voor my in.

Dit was so skielik dat ek suiwer op instink gebriek het – ’n rou reaksie.

As ek ’n oomblik te laat gereageer het, sou daai kar my onder ’n horse & trailer ingestamp het.

En natuurlik kan ’n Hyundai i20 long termer nooit wen teen ’n H&T nie.

En dis nie noodwendig die drywers van vinnige, blink Duitse sedans wat so bestuur nie.

Dis diegene in SUV’s (lees: wit Fortuners, waarvan die roadholding capabilities gewoon horrible is weens geweldige body roll en briektraagheid weens massa) of dié in piepklein karretjies (lees: Chev Spark).

En die klein etters is ewe onveilig, want die ongeluk gebeur op jou skoot (lees: size). ’n Mens oorleef selde ’n ongeluk in so ’n karretjie.

Ek hét dit al gesê, maar ek sê dit weer: Dis asof die meeste motoriste ’n col­lective “Idiot” switch aan­skakel sodra hulle agter die stuurwiel inskuif.

Ek hoop ál ons lesers oorleef die fearful season.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters