4 maande gelede
Vat daai trots en steek dit waar die jellievisse dit nie sal kry nie
 ~ 

TROTSE Khoisan. Trotse boer. Trotse ANC-partylid. En seker nog trotse blerrie Trump-ondersteuner en Nazi oek ...

Kykie, ek het nou rêrag genoeg gehad van die spul trotse wat-ook-als wat soe tussen ons rondloop met hulle se nies in die lug (wanneer dit nie in anderman se biesagheid is nie).

Is hulle dan diep versin?

Is trots dan nie meer ’n doodsonde nie? Ha?

En oekie sommer net ’n gewone garden variety-doodsonde nie. Hy’s eerste oppie lys.

Éérste!

Kykie, as djou span wen, dán kan djy trots wies, cos why, hulle het gewerk en getrain en goed gespeel.

As djou telgie eerste staan in haar klas, kan djy op haar oek trots wees. Cos why, sy het gewoeker mettie talente om daar te kom.

Maar djy, “trotse” Khoisan, boer, ANC-lid, Nazi of wat ook al, wat het djy gedoen waarop djy so trots kan wees?

Het djy dit net gekies? Of erger nog, is djy daarmee gebore of opgesaal en nou maak djy maar die beste daarvan?

Dis mos net luck (goed of sleg) dat djy is wat djy is.

En waar het djy nou al gehoor van ’n “trotse Lotto-wenner”? Nei, minute vir daai gedagte! Dis mos ’n lucky wenner, nie ’n trotse een nie.

Die hogere slim mense praat van die “maatskaplike lotery”. Daai is nou ál djou omstandighede waarin djy gebore word.

As djy nie so lucky was in dié Lotto nie, sit djy dalk vandag onder ’n brug. As djy gewen het, sit djy dalk in ’n nuwe M-reeks.

En ja, Mister M-reeks, djy lyk verniet so asof djy all that is. Of het djy oek onder ’n brug begin? Loep stiek daai trots in djou duur Levi’s se sak, want djy kon net soe maklik aan die kort end getrek het.

“Maar wat as ek proudly South African is? Dis darem seker oukei?” hoor ek hier uit die peanut gallery.

Sorry, peanut, daai kite kan oekie vlieg unless djy iets gedóén het wat djou trots kan maakie.

Om hier gebore te word issie genoeg nie.

Dis eers wanneer djy uitreik na dié wat anders is as djy en die Rainbow Na­tion­ begin em­brace dat djy kan begin­ praat van trots.

En wiet djy, as djy eers dáár is, gaan djy sien daai trots is skielik nie meer soe belangrik nie.

Nei, trots is soos ’n jellievis – alte mooi en grasieus onder die water, maar as djy sonlig op hom skyn en mooi kyk, is hy maar ’n vieslike ding.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters