Verlede maand
Staat praat twak oor twak
Albert Bakkes  ~ Foto Verskfa

IEMAND “in good standing”.

’n Persoon of organisasie met ’n goeie naam is een wat ál sy uitdruklike verpligtinge nakom terwyl hy nie onderworpe is aan enige vorm van sanksie, skorsing of dissiplinêre sensuur nie.

Wel. Dan is ek nie een nie.

Ek het dié week meer wette oortree as ooit.

Siggies gaan koop en myself arm gemaak? Hell, yeah!

My eie drinkgoed gestook? Check!

Ek is die een met die verslawing. Maar ek sit almal in soveel gevaar. Nie met my siggies nie. Met my soeke na verligting (al is dit net vir ’n paar uur).

En ons publiseer toe dié week dat die withdrawal van die drank erger is as enige iets anders.

Ek wonder egter hoeveel heavy drinkers dood is onder lockdown. Want volgens daai kenner kan tot tussen 5% en 10% met DTs (die shakes) doodgaan aan simptome as dit nie behandel word nie.

Of mense wat rook? Hoeveel van die arme etters vrek onder lockdown weens komplikasies van nie hulle fix kry nie?

My ou storietjie sal jou seker verveel.

Maar die ander storie wat my heeltemal buite myself gehad het, is die volgende.

Kom ons noem hom maar Johnny. Nou, ek hou nie daarvan om enige iemand rond te hiet en gebied nie. Selfs al werk hy vir my nie.

So, ek en Ma werk self in die tuin.

Maar daar werk tog van tyd tot tyd iemand met sommer loshanne. Hy kom daar uit die informal settlement. Vier kinners. Bokkerol werk nie. My ma, wat vlot Xhosa praat, gee hom kos, klere, geld en liefde.

Ná ’n hele paar maande strompel dié man vandag in die reën by die voordeur in. Al is dit net ’n koppie koffie, samblief.

En toe blaas al my deksels op en my wiele af. Hy is niemand se “verantwoordelikheid” nie. Wat is dié arme man dan? Is hy dan nou ’n niks? Is dit net oorlat Johnny f*k*l het nie (en sy vrou en kinders ook nie)?

Maar nou het ons al dié twak oor ... wel, twak.

Maar ek het nie ’n woord gehoor oor volwaardige, volwasse mans (sonder werk) wat vir hul kinders wil sorg nie, Mr Prez. Praat k*k oor twak, dis mos fine. Maar waar val al die Johnnies deur die krake, Antie Anti-Alles?

Op die oomblik breek ek die wet in my kar.

Maar dié man mag nie eens op straat stap nie. Hy breek die wet op sy voete ... platgeslaan!

Is hý nog person in good standing? Vertel my ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters