13 dae gelede
Só lyk die dagboek van die hoekstaners in elke buurt
 ~ 

WEET djulle hoe lyk die dagboek van ’n hoekstaner?

Dis mos daai jongens wat heeldag so oppie hoeke rondhang of agter hulle knieë sit.

Die school dropouts, williewerkers, aspirant-gangsters, you name it.

Soggens vroeg, terwyl Ma, Pa en Ousus hulle regmaak vir werk, lê Boeta en hou nog sy ballas vas. Hy trek die kombers stywer oor sy kop, want die gewerskaf innie huis werk op sy nerves.

Hy maak eers sy kop oop wanneer die son al diep in sy sleg gat skyn.

Dan sukkel hy uit die kooi uit. Hy loop sleepvoet toilet toe en gee sulke lang gape.

Hy mik skeef en shower die vloer rondom die toiletpot met ’n straal goudgeel pie. Skoonmaak is min.

Hy beloer vlugtig sy vuil gevreet innie spieël.

Daarna, sonder om sy hande te was, is dit reguit kombuis toe.

Daar maak hy vir hom ’n beker stroopsoet koffie en ses snye brood met jam daarop.

Sy kieste staan bol terwyl hy gou die brood opvreet.

Dan slenter hy met sy beker koffie in die pad af na sy guns­teling-hoek.

Boeta se trunkie steek doer bokant sy broek uit en met sy linkerhand vee hy gou die kaiings uit sy oë.

Oppie hoek wag sy makkers, Ou Pang, Whitey, Tanne en Boytjie, hom in. Ou Pang sit daar agter sy knieë en jy sien duidelik sy hele hol bokant sy broek uitsteek.

“Aweh, Boeta! Hoezit?!” groet hulle vir Boeta in ’n koor.

“Nei, duidelik, ouens!” groet Boeta terug. Hy groet elkeen hulle kenmerkende groet met sy vuil pishand.

Dan gaan staan hy met sy rug teen die muur. Met sy een hand hou hy die beker koffie vas. Die ander druk hy hier voor by sy broek in en hou sy vuil, stink ballas vas.

En so staan hulle heeldag en suig aan ’n slowboat of ’n lollie.

Nou word daar k*k gesoek met ammil wat daar verby loep.

En waag jy dit nou om vir Boeta en sy brasse teen te gaan. Jou k*k is geboek.

Hier teen skemer pla die hongerpyne.

“Ko o’s march!” sal Whitey dan afsak.

Dan march elkeen na sy eie pozzie.

Boeta ko’ grootoog by sy joint in. Ma, Pa en Ousus is al tuis – vrek gewerk.

“Waa’s my vriete?!” vra Boeta sommerso rof.

Sy kos word vinnig uit die microwave gehaal.

Later val Boeta met sy vol maag en sy vuil, ongewaste gat oppie kooi neer.

En môre? Môre herhaal die roetine hom ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters