3 maande gelede
Skinnerseisoen maak sommer saam met winter sy opwagting
 ~ 

GENIET die oorlog, want die vrede gaan erger wees ...

Koot weet, dit lyk vir my so.

Dit lyk vir my die skinnerseisoen kom soe saam mettie winterseisoen ...

Het dit iets te doen mettie weer? Die koue, dalk?

Seker oorlat mense meer onner koeberse en voor heaters lam – daai sogenaamde bekkoerante?

Mind you hulle kom dan nie eens uit die huis nie – lê-lê en skinner. Dis glo “wetenskaplik” bewys – soe asof Skelmbos se navorsers daai bollie “wetenskaplik gefundeer” het.

Anyway, vandag is die uwe raseg moerig. Sy ma en sy pa is moerig.

Beneuk, oppie koffie. Als oorlat mense nie hulle eie business kan maaind nie.

Los flippen anner mense uit, man. Loop lê, Rex, djy’s vol luise. Rex, jou gewapende vrede is valse vrede – vra vir ouma Saar.

Tweegevreet-jakkalse skinner virrie beker. Dit al oorgekom? Nog nie? Wag maar, ammil kry mos ’n turn.

Met tweegevreet-jakkalse weet djy nie waar die gevreet sit en waar die poephol issie.

Dis hoekom skinnerstories so stink.

Huigelaars. Jimmy Cliff sing: “Hypocrites, you dirty hypocrites­.” Wonner of hy ook politicians in maaind gehad het. Want sien, die election is mos nou verby. En weg is die een face van die two-faced poepolitician.

Die lewe is once te kort om nog ’n tekort aan ware vrinne te hê.

Nie dat die uwe ’n mense-mens is of geworry is oor vrinne nie – hierdie ekke is ’n lone ranger, ’n randfiguur. Bokkerol gepla oor wattie mense skinner nie.

Soos hulle op Fakebook post: “Ek skryf namens ’n vriend.” (Hoor ek Zuma “hê-hê-hê-hêê” lag!)

Die uwe lattie met mense mors wat so skadelik soos ’n vuurvliegie issie.

Meanwhile draai die bleddie grasgroen brommers soos helikopters rondom bollie-stories.

Die mens se uitgevreetgeit oor aardse goete soos geld en status maak die mens ’n skinnerkarretjie op wiele, ’n soort GTi met 200 kW krag onnerie tong.

Ja, dis die einste tong wat Krismis so naais smaak wat die grootse bollie aan mekaar laat vassit. Só het my ouma Saar my gemaak verstaan. Nefie Billie sê mos sy tong hettie ’n littie.

Enniehouw, hoe dit ook al vorentoe gaan uitspeel, moetie laat jou bek afwaarts staan nie, want dis afgrond toe.

Geniet maar die oorlog – die vrede gaan erger wees. Dis ’n belofte.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters