28 dae gelede
Scars van Fakebook-oorlog is vir altyd in kuberruim opgeskryf
 ~ 

DIE “naais” van social­ media kan ook soms die curse van social media word.

’n Sogenaamde oorlog op Twitter word ’n “Twar” genoem. Sal ek dit waag om ’n oorlog op Fakebook ’n “FBwar” te noem?

En, my broe, as djy noggie so ’n FBwar experience hettie – lucky djy.

Want sien, net soos som van o’s dit laik om die Fakebook–tool te use om positive vibrations te cause, net soe is daar mennie, mennie Fakebook warriors wat onner mekaar se blaaie inklim.

O’s wat daarvan laik om naais, positive slogans en Bybelverse te post, word da’oor aangevat: “Hoor nou weer virrie Fakebook-pastoor.”

Djy wattie laik van my posts nie, ek post nie vir ’n like nie. Ek wil oekie gelaik word nie – ek’s mossie ’n Fakebook post nie.

Push die delete button en dala die unfriend move.

’n Fakebook-oorlog kan lelik raak. Van alle kante af, act en react, skimp vir ’n skimp.

Al gelees hoe Fakebookers mekaar vieslik inkleur?

En was djy al at the receiving end van vals beskul­di­gings? Dan is djy nie wys van wat waar op social media geskinner issie.

Skinnerbekke, socialise djulle maar. Wag, Rex, loop lê, djy maak net vlieë.

Maar ekke love ammil my social-media-tjommies.

Karakterskendings en karaktermoord word alles gedala innie naam van social media. As die keppie pas, sirrit op, masekind.

Dit sny allie pad na ammil se kante toe. Dala liewer met ’n vollende korrek.

Social media maak van boesemvrinne geswore vyande.

Al word daar dalk innie near future­ wee’ pipes of peace geroek, sallie scars van die Fbwar altyd iewers in die kuberruim geskrywe staan.

Dis ma tough ommie spore van FBwar-seer toe te smeer. Die secret is ommie in ’n FBwar involved­ te raakie. Waasie outydse staail van somma iemand iets straight in sy gesig sê?

Ouma Saar het hierie klong van haar staan gemaak: “Ouboet, reg is reg en ver­tjeert is niemand se reg.”

Dankie, Ouma, may your soul rest in peace and rise in glory. Innie woorde van my Rasta-tjommies: Peace and love amongst my Fakebook-vrinne.

Ek’t iewers gelees: “As djy nie wil nie, maak soes ’n ruler en lines vannie yard af!”

Ná alles moen o’s steeds ammil vrinne wees. Asseblief.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters