Verlede maand
Raak ontslae van enige idees van daai vleis- of drankboek
 ~ 

SORRY, my fan club, maar vandag gaan ek op ’n paar tone trap ...

Nie vir hoekom nie, maar oorlat ek try educate en entertain. Infotainment (of so iets) call die clevertjies onner o’s dit.

Kyk, ’n mens kan dalk nog ’n resepteboek het. En dalk nog ’n gesangeboek.

Maar as daa’ nou twie boeke is wat niemand moet hettie, issit ’n “vleisboek” en ’n “drankboek”, of noem dit sommer ’n “wynboek”.

Op baie plattelandse dorpe kry djy dit nog. Nogal gereeld. Dissie twee gevaa’likste boeke wat ’n ekonomie binne-in sy glory kan maak.

Ek mean nou ’n huis se ekonomie.

Daar’s niks so lekke soos om drank oppie boek te koep ’ie. Op skuld, mos. Lekka stap djy daa’ in by die drankwinkel en daar word dit net opgeskryf.

Tot die einde vannie maand toe. En my masekin, daar word van die duurste drank geshop. Wie syp dan nou cheap drank as die betaling daarvan kan wag tot maandeinde?

Johnny walk nou in Black en Blue, nuh? En djy’s dik brasse mettie Chivasse. En moenie lat die drank eers ingeskop hettie.

Djy gaan net terug en koop nóg drank. En daai boekie styg net.

Soos my ouma altyd gesê het: “Koep se bek is oep, maar betaal se gat is kaal.”

Anyhow, nou raak die evil circle net groter.

Want van gesyp wies val dit jou by djy het nog ’n vleisboek ook.

Dan word dié oek soema oppie boek geshop. Daar word gebraai innie dronkenskap. Tjommies word naais ge-entertain.

Dis net een moerse paartie. Alles op skuld. Want sien, djy tjek mossie hoe daai geduldige boekie sky high word nie.

Drank het nog nooit boek gehou nie. Soos die uwe hier al getjap het: Nugter skryf op en dronk lees af.

Dis biltong en droëwors. Tjops so groot soos waslappe virrie braai innie channels.

Sommer Lammie se nasionaal bekende kaaswors.

En sal ’n man dan nie ook try om sommer sy lewerwors ook te braai nie?

Dronk maaind nie wat hy spend nie.

Dan kom die einde vannie maand en djy moet uithaal en wys. En dan skop die reality in ... die beste babelas vir ’n nugter man.

Dan word daar gestry met die drank-en-slaghuisbaas: “Ek syp nie daai duur drank nie! Waar sal ek nou R1 500 se wors en tjops shop? Ek gaan my lawyer sien!”

Oppie lawyer-boek assit dan moet ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters