6 maande gelede
Politics steek oral kop uit –by werk, kerk en in family
 ~ 

AMMIL ken die politricks van die poepolitiesjins...

Tog is daar nog anner soorte politicks.. Regte ticks – fleas.

Wie ken ammil vir werkplek-politieks? Da waar anner jou beskinner by die boss. Net om ’n performance bonus te kry. Net om promotion te kry. “Dem seek position on da backs of blacks,” sing Linton Kwesi Johnson.

Of hulle beskinner die arme baas en maak die lewe vir hom hel. Soveel so dat hy moet moer vloek om die faksies agter die faksmasjien uit te dryf.

Die baas het mos sy blue-eyed boys en blue-eyed girls. Sy favourites, sy witbroodjies, die verdelende faktore ... Klink bekend, nuh? “Hey boss, net ingeval djy dalk vergeet het – it’s tough at the top.”

Werkplek-politiek is nie vir sissies nie. Ook’ie vir boeties se baantjies nie.

Dan is daar family politics. Wanneer family optree soos aartsvyande. Dis dié gesin teen daai gesin. Faksies. En mens try. Djy ko’ met ’n funeral, dan kom niemand mettie laggie. En family stry en struggle oor die alewige erfgoed, swerfgoed. Wie erf wat?

Nog voordat die aarde sag op die oorledene rus. Dan is alle hel reeds los onder die family.

Waar is die dae toe families nog unite het in tye van swaarkry? Waar is die dae toe an injury to one nog an injury to all was?

Die lewe het woes en boos geword, het ’n vorige paalie van my ge-wheatie.

Want sien, nie eens Moses – daai Bybelse leader wat ge-wheatie het “die grond waarop jy staan, is heilig” – het geweet dat selfs nie eens die heilige grond oorgesien sou word in die battle van kerk-politieks nie.

Dis dié jong priester-vader wat nie wil luister nie. Hy volg net sy eie kop. Die ouderlinge en broeders in die kerkraad vat nie die susters kop toe nie. Wie’t gesê die basaar moet Easter-naweek wees? Wie’t gesê die kollekte moet aan die stam-apostel gaan?

Wat het die penningmeester met ons tiendes gemaak? Lucifer ko’ nie mettie smaail’ie. Wat het van die naasteliefde geword? vra ek, wat ’n groot sondaar is.

Enniehouw, daar sal altyd politieks wees, solank as wat jy mense kry. En die venue van daai politieks sal wees net waar dit wil wees. Alles depend op hoe daar met alle soorte van politieks ge-deal word. Dala jou eie ding, my boeta. Share the love.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters