Verlede maand
Pappi, die kans op ’n revolusie increase net soos petrol se prys
 ~ 

LIEWE Pappi,

Ek is ook vannie people wat Pappi – People Against Petrol and Paraffin Increase – join. Want koot weet, so kannittie aanneuk nie.

Om te sê dit gaan broekskeur, is ommit ma’ saggies te gooi.

Want sien, liewe Pappi, ’n man hettie eens mee’ ’n broek nie. Coz ’n man kan nie meer ’n broek sjopping nie, want die petrol en paraffin increase­ elke liewe Woensdagmôre maak ’n man swak.

Om byrie werk te ko’, issie mee’ speletjies nie. Nie mettie kar, taxi of mettie bus nie.

(Laat my nou dink aan dit wat die laaties altyd rap: ‘Djy ry mettie bus en djy ruik na p*s ... ek ry mettie teksie en ek lyk sexy!) Om daai tenk net na petrol te laat ruik, ruk klaar ’n ou se sak.

Innie meantaaim suffer die people ’n moerse hou. Lees ek dan nou die vetgevrete government kry 38% van die petrolprys, die Padongelukfonds kry R1,93 vir elke liter petrol en dan sta’ huur hulle glo stoele teen R1 666 elk. Seker cheaper om te huur as om te koop?

Of wie het nou wee’ die huurkontrak gekry?

Pappi, die paraffin se prys laat nog ’n groter­ deel van die community suffer. Dis meestal mense wat nie ’n eie jammie of krag hettie. Sommige is pendelaars.

Nou suffer hulle twice – byrie petrol en byrie lampolie , laik dit in my township gecall word.

Baai the way, Pappi, assie petrol increase, increase alles innie sjops.

’n Man chow maar nou net sop – daai issie cheapste.

Maar die people is na aan ’n revolution.

O’s start mos eers met ’n plakkaatbetoging, dan kô die march en dan die toi-toi. Rama-Buffalo moet watch vir o’s, nuh, Pappi?

Maar dissie net petrol en paraffien wat die people moerig hettie, Pappi.

Wat van die krag? Daai van Brian Molefe vannie Saxonwold-sjebeen?

Daai kragboks innie join kô nie mettie laggie.

Vra maar vir die people van ienage township hoeveel units djy vir R50 kry.

Vir R20 kry djy net genoeg ommie­ ligte aan te sit. Daarna sit die ligte hulle sommer self af.

Nou, soe van krag gepraat, Pappi, kan ’n man dan nie nog ’n organaaizysjin stig byrie naam Maki nie?

I mean, Maki – March Against Krag Increase – ka’ mos Pappi se hand nog sterkere maak, of hoe?

Enniehouw, too long suffer­ Pappi en Maki se people­.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters