Verlede maand
Ôs en ôs kinders word gevange gehou deur ôs eie mentaliteit
 ~ 

HOELIHAA! ’n Gown fash­ion parade innie mirrel vannie dag by die convenience centre hier naby my joint innie Elsies!

Die ma loep heel voor in haar pienk gown met ’n nare koffiekol (of bierkol) oppie bors. Agterna ko’ haar twie kleintjies aangemodel in hulle groen en blou gowntjies. Loep heel brêkkerig by ’n winkel in asof dit die normaalste ding is om te doen.

O ja ... dit ís die normaalste ding hier in ôs gemeenskappe.

Grootmense loep nog in hulle nagklere al sit die son doer bo innie lug. En niemand praat daarteen nie, want dis die norm.

Ma loep met die swirlkous oppie kop gou innie pad af na antie Moana toe vir ’n koppie suiker. Antie Moana se eie swirlkous sit nog stywer. Dit maak glad ’n lyntjie oppie voorkop. En niemand moan nie, want dis normaal.

Pa sit oppie pavement met sy bier en drink sy gat dronk.

Later is hy so sterkgevriet, hy vloek almal se ma se onderdele uit. En geen haan kraai daaroor nie.

Pa en ma is vroeë school dropouts. Nou voel boeta hy los ook skool in gr. 8, want pa en ma het dit dan gedoen.

Dit hoort so, want pa en ma praat nie daarteen nie.

Gangsters skiet in ons gemeenskappe en almal hardloop om te gaan kyk. Sommige nuuskierige agies word deur hulle bek geskiet. Doodnormaal ...

Môre hardloop hulle weer nader as die skote klap, want dis ’n nasionale sport hier in ons buurte.

Die AllPay-rye is vol jong mammies met babas wat aan daardie pap pramme drink, want babamaak is ’n moneymaking business hier.

En so sien ons kinders dié dinge en aanvaar dit moet so wies, want almal doen dit dan. Dis monkey see, monkey do! Kinders leer uit wat hulle sien, hoor en experience.

In hulle kinderverstand is alles wat hulle ouers doen normaal as niemand hulle daarteen uitspreek nie.

Só word ons kinders groot met daardie verkeerde mentaliteit dat wat elders sosiaal onaanvaarbaar is, fine is in ôs samelewing.

Dan word daai mentaliteit oorgedra aan die volgende generasie. En 15, 16 jaar later die volgende een …

En só stagneer ons gemeenskappe. Ons word gevange gehou deur ons eie laeklas-mentaliteit.

Nou word daar neergekyk op ons buurte en na ons denkwyses verwys as ’n “tipiese kallit-mentaliteit”.

Dan moan ôs oor dié nare verwysings, maar ons doen niks daaraan om ons mentaliteit te verander nie.

Hoelihaa!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters