2 maande gelede
Onthou, vir sommige mense is dié distancing nie so eenvoudig
Albert Bakkes  ~ Foto Verskaf

EK KRY mos toe van een van ons korries ’n “Moerig” wat ek hier wou ingooi – maar ek kon nie.

Want ek het baie vinnig besef daai skrywe gaan nie sin maak nie.

Want onse Salmon praat mos van ’n treinrit. Waar mense in die wa staan en sit.

En die een ou hoes en almal skrik hulle gatte af.

Maar dit is geskryf in die “good old days”.

In die days van oorvol treine. Of laat treine. Of gebreekte treine. Nou is daar nie meer mense om die treine te gebruik nie ...

En onthou jy hoe hierdie ou maanhaar-leeu so gebitch en moan het dat dit hom daai oggend twee ure in die verkeer op die N1 geneem het om by die werk uit te kom?

In ’n tamaai, lomp bakkie? Wel, daar staan ’n tamaai, lomp bakkie voor my huis.

Maar ek kan hom nie ry nie, al wil ek. Want ek mag nie.

Ek sê jou, ná amper ’n week vasgekeer in die huis as gevolg van die lockdown, sal ek wragtig ’n ledemaat gee aan medical science.

Om die virus-probleem op te los? sal jy my nou vra.

Ja, definitief, dít ook.

Maar grootliks om wragtig vir twee ure lank in die traffic op die N1 vas te sit. Ek het nooit gedink ek sal vir so iets bid nie ...

Ja-nee, die virus het ons wêreld op sy kop gedraai.

Ek glo nie die lewe sal ooit weer wees soos in the good old days (wat ons almal op ’n slag lank, lank gelede as die bad old days bestempel het) nie.

Mense is op hok.

En met op hok bedoel ek vir party mense is dit werklik ’n hok in iemand se back-yard. Hoe skryf jy nou vir so ’n mens voor om in die huis te bly?

Of vir ’n shack dweller om social distancing toe te pas as sy bure se shack skaars ’n meter van sy eie shack staan?

Die lockdown is vital. Vir iemand soos ek is dit relatief maklik. Ek het kos, ’n dak oor my kop en my hond is aan my sy.

Maar die reality vir so baie van ons mense is dat die lockdown amper onuitvoerbaar is.

Ons wys graag vinger en sê daai mense “verstaan nie die virus nie”.

Maar ons leef nie met die realities van shacks, hokke, honger gaan slaap, werkloosheid, wanhoop, absolute armoede en al die sosio-maatskaplike omstandighede wat daarmee saamgaan nie.

Óns verstaan nie.

Ek sê nie die wette en reëls moet verbreek word nie.

Maar in dié tyd van saamstaan en saamwerk, share so ’n bietjie empatie ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters