26 dae gelede
Ons sit met die stront noudat party hul mishoop wil uitbrei
Albert Bakkes  ~ Foto Verskaf

KOM ek sê dit sommer right off the bat: Ek’s ’n roker. En ’n drinker.

Want !@#$%^& weet, as jy so lank soos ek in die news game was, dan sou jy ook gerook en gedrink het.

In ons game is dit mos amper tradisie.

Maar vandag se Moerig is nie ’n persoonlike bitch en moan session oor die feit dat ek tans tabak rook wat meer as 30 jaar oud is of dat my laaste voggies nou op is nie.

Dit gaan eintlik oor die simptome van ’n groter prentjie tans in die land.

Dit voel vir my al hoe meer asof daar klein kingdoms in die boonste gestoeltes van die staat opgebou en uitgebrei word.

Die prez, Cyril, het aangekondig entjies sal op vlak 4 verkoop mag word, maar toe draai die honour­able minister Nkosazana Dlamini-Zuma mos net so om en sê nee, sy twak is nat.

En toe moes die prez mos mooitjies sê dit was ’n “eenparige” besluit. Om die regerende party se samehorigheid te wys? Wie weet?

For faksies’ sake!

Onthou, antie Dlamini-Zuma was mos so ’n paar jaar gelede sy opponent in die race vir die presidentskap van die ANC (en op die duur die presidentskap van die land).

Sy was natuurlik in die sogenaamde Zuma-faksie (natuurlik nie die grootste ondersteuners van Ramaphosa nie).

En ’n hele paar dekades terug het die antie ook vir rokers die “fishbowl” gegee.

Doer in die middel 1990’s moes ons mos met ons twak in die glaskaste in die restaurante loop sit terwyl nie­rokers deur die glas so na ons staar.

Die antie het ’n fanatical fight opgesit teen enige iets tabak.

Só het major sponsor­ships van die tabak-reuse weggeval en rook is by omtrent alles verban. Of ons twakkies nou revenue gegee het vir die GDP of nie.

Edward Kieswetter, kommissaris van Sars, het juis dié week verwys na die revenue van twak en drank van miljarde rande wat as gevolg van die verbod op albei ver­lore raak, om nie te praat van die il­legal trade in albei nie. Maar niemand wou eintlik luister nie. En die finance-minister, Tito Mboweni, is mos ook gesê om sy bek te hou oor sy teëpraat teen die verbod. Ons police strongman, Bheki Cele, het mos onlangs gesê ons moet ons inhou, anders kan ons kla-gatte sommer teruggeneem word lockdown level 5 toe.

Ja, dis asof sekeres op een snaar hamer ongeag die gevolge en nooit sal erken ’n fout is gemaak nie. Bou voort aan hul klein kingdom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters