6 maande gelede
Mý budget sal sypgatte en bandiete lat sweet
 ~ 

GEAGTE mêrrim spieker, horrible members en allie Mzansi-naars! Hier volg my budget-spiets virrie 2018.

Dit kô uit die diepte van my hart, want daa’s ’n paar goete wat ek van my hart af moet kry.

Raait, ekke begin byrie AllPay. Ekke gie vi’ allie ou mensies ’n vet vi’hoging solat hulle hul laaste jare daa’m lekka ka’ liewe.

En diegene wat so vir hulle gebreklik hou vi’ daai disability-tjieng, djulle k*k is gaboek!

Dja, innie AllPay-lyne ka’ djulle skaa’s loep, maar wanne’ djulle darie tjieng ontvang, dan hol djulle met daai krukke dattie moer draai – reguit smokkie toe. Daa’s niks tjieng meer vi djulle klompie nie. O ja, en djulle jong girls wat so kinne’s op kinne’s kry vir AllPay: Djulle gaat van nou af net vi’ een kint tjieng kry. Die anne kinnes se sleg-etter-pa’s moet djulle loep soek sodat hulle self vi’ hul kinne’s kan sorg.

Djulle wat soe die AllPay op-tik en -syp en djulle arme bloedjies loop met flenter-kleertjies en ’n pakkie Spookies rond, djulle ding is wim!

Djulle ‘koorstene ka’ djulle ook maar regmaak om meer te hoes vi’ entjies en twakke!

Ja, djulle wil mos van djulle longe stookenjins maak, want as die liewe Heer wou hê dat djulle moet roek, dan sal daar ’n ‘koorsteen op djulle kop gewies het.

Djulle wynkoppe, djulle gaat ook nou vi’stik aan djulle dop, want djulle gaat betaal dat djulle kots, pappa! Djulle monthly budget is in sy moer as djulle nog wil syp!

Allie onnorage staats­departemente maak ekke toe, en dan kan daai geld bygevoeg word byrie departemente wat dit rêrag norag het, soes die departement van gatta-wese, die departement van onnie-kunde en die departement van hospitaalwese.

En ekke gaatie meer die arme vannie-hand-tottie-mond-werkers se tax opskuif nie. Ek gaat slegs die rykgatte wat groot tjieng vi’dien, meer laat hoes.

En die departement van bandietwese se tjieng gaat ekke ’n bietjie sny. Ja, die bandiete kan ’n slag hul gat lig en op ons paaie gaan klip kap of op die plase gaat werk vir ’n inkomste virrie tronke. Dan sal hulle nie tyd het vir k*k uitdink nie.

Hulle sal ook dan snags te moeg wies om agter mekaar se kop te kyk. So, koppe toe en slaap is djulle voorland.

Die petrolpryse kô af, nes die kos- en veral vleisprys.

Met o’se nuwe numba wan sien o’s uit na ’n lekka toekoms vi ammal van o’s hier in Mzansi.

En next year, vote weer vi’ my as djulle minister van geldsake. Saloet tot next year!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters