17 dae gelede
Moenie mekaar fight nie; pak eerder almal se vyand, armoede
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

ARMOEDE is wanneer ’n mammie met ’n halwe boksie melk by die kliniek aankom en die melk is reeds suur en die baba se magie werk al dae lank ...

Armoede is wanneer die mammie die baba se doek met die koord van ’n cell­phone charger moet vasmaak.

Armoede is wanneer die mammie vir jou vertel dat sy saans die honger van haar kinders moet weg bid oorlat daar nie ’n krieseltjie kos in die kaste is nie.

Ons moet armoede fight. Nie mekaar nie. Ons gemeenskaplike enemy is poverty.

Dis waarom dit so sieklik is as plestiek poepolitcians trai om in te cash op die swaarkry van ons mense.

Bekpraatjies gaan nie magies vol maak nie, bills betaal of vir ouma en oupa se lewensnoodsaaklike medisyne betaal nie.

Koot weet, ek is die m**r in vir armoede.

Koot weet, ek is die hel in oorlat mense en gemeenskapsleiers nie hande kan vat en try om armoede te verlig nie.

Maar dis ook tyd dat die rykdom van hierdie land versprei word onder am­milie mense van ons land. Koot weet, armoede hettie kleur nie en behoort ook nie aan ’n politieke party nie.

Ons sal ons skole moet support. Want sien, net educated youth gaan hulle ouers uit poverty lei.

Soos ’n mammie gesê het: “Ek het vier jaar gesuffer solat my laitie ’n onnie kan word. Nou gaan hy vir my en sy sustertjie sorg.

“Ons dae van suffer is vir eers verby.”

Daarom is dit weersinwekkend as ouers nog onnies en skole fight. Soos die Shack Builder, brother Quinton Adams, aan ouers vertel: “Dissipline begin by die huis. Sort jou kind uit, nie die onderwyser nie.

“Ruk eers jou huis reg voordat jy die skool wil reg­ruk.”

Iewers sing een van my fywerit reggae bands, Culture: “Rich man, share­ your riches with the poor, before­ the poor share their poverty with you.”

Dit skrei ten hemel dat die gap tussen die haves en havenots so groot soos die Grand Canyon is.

Ons moet ’n revolusie teen armoede begin. Ons need poverty warriors.

Warriors wat op hulle knieë sal fight, maar sal opstaan en game changers word soos daai laitie in Kallitsdorp, Eslin. En Kakie, die community builder.

Wie is ammil poverty warriors­? Ek is in.

Kan ons jou ook bytel?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters