17 dae gelede
Mense wat reeds onder op food chain is, dieper in gutter geskop
 ~ 

DAAR onder die dak van my sub­urban huis het hierdie middeljarige, wit Afrikaanse man weer eens ’n Damaskus-oomblik beleef.

Terwyl dit so op die sinkdak sous, was daai oomblik nie ’n lekker een nie.

Want ek het besef ek het bokkerol om oor te kla. Ek het ’n huis, ’n werk en kos.

Maar buite, in die gietende reën, sit ’n paar duisend mense met letterlik bokkerol.

Ons noem hierdie mense “die homeless”, of miskien “bergies”.

En wat doen die Stad Kaapstad, die “wonderlike” munisipaliteit?

Hulle fine die sh*t uit die homeless as hulle durf op die sypaadjie slaap.

Dis nou R300 as hulle die general population durf verontrief deur hulle weg op daai sypaadjie te obstruct met hulle karige besittings.

Law enforcement sal jou sommer met ’n lekker fine van R1 500 slaan as jy ’n vuurtjie durf maak.

So, dit was nie eintlik ’n Damaskus-oomblik nie, maar eerder ’n “seriously WTF-oomblik”.

Hierdie stad verkoop homself mos as ’n wêreldstad.

’n Beautiful, caring city. Lekker vir die toeriste.

Daar is elke jaar skoon audits en geen korrupsie nie.

Maar dan skop jy die mense wat klaar heelonder op die food chain is steeds in die spreekwoordelike gutter. Al lê hulle klaar in die reën in die werklike gutter.

Baie van die bergies sukkel nie net om ’n geldjie vir die (te min) shelters bymekaar te kry nie. Hulle het ook allerhande addictions, mental issues en health issues, soos tering, HIV, diabetes, bloeddrukprobleme en die lys gaan aan.

Baie van hulle bly al jare op straat en ken geen ander bestaan nie.

Hulle vind dit moeilik om sosiaal aan te pas by plekke van veiligheid.

Soveel van hulle is al geleer om vir die dood vas te klou aan die bietjie wat hulle het.

’n Kombers (en ’n onwettige vuurtjie) kan op ’n wintersdag werklik die verskil tussen lewe en dood beteken.

Maar die Stad seg daai fines en by-laws kom al van 2007 aan en hulle pas dit net toe. Die Stad sê ander stede het en doen dit ook en pas dit selfs strenger toe. En die verskonings gaan aan.

Maar die toepassers van enige drakoniese, onsinnige, diskriminerende, irrasionele en, durf ek sê, waansinnige stelsel het mos deur die eeue heen altyd verskonings gehad.

Beautiful, caring city my gat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters