5 maande gelede
Mens moenie nog teëpraat as spietkop jou fout uitwys
 ~ 

Steek op jou hand as jy like van ’n spietcop. Hoekom sien ek so min hanne?

Sorry, maar dis maar eenmaal so, min homo sapiens laaik van die spesie spietcop. (Sorry virrie spietcop innie fam – o’s laaik net van jou, wuh?)

Maar nou die ander dag was die uwe dringend – en haastig – op pad na ’n dorp innie Klein Karoo.

Darem nie so haastig dat die uwe oorhaastig was nie.

Maar daai koel wintersoggend, by so ’n skuinste voor jy daai dorpie sou binne ry, het hulle gestaan. Man en vrou in spietcop-klere.

Skielik vlieg hy daar uit, linkerhand innie lug. Wys die uwe moet aftrek.

“Meneer, waantoe is jy so haastig op pad?

Jy’t amper 100 km/h in ’n 60-sone gery. Dis toesluit, meneer. Geen faain.”

My poep het oppie plek gevries. Want sien, Kind, was saam met Pa in die kar. Toesluit. Hoe nou?

Maar ek traai sê vir die skryfcop: “Ek het dan juis begin spoed verminder vir die 60 km/h sign.

“Ek sal nooit so roekeloos ry veral nie as Blake-Keith ook ’n passasier is nie. Mam’ Miela sallie met my smaail nie. Want sien, oor daai laaitie ko’ sy nie mettie laggie.”

En net so baai the way... mens stry nie met ’n skryfcop as djy wys is djys die verkeerde ene nie.

Maar tog net – ek sal altyd wonner of daai hand-held laserkamera my kar se spoed gemeet het voor of ná daai 60 km/h-bord?

Want iewers het ’n ander kollega, Kakie, geskree: “My kollega is ’n law-abiding broer. Hy sallie jaag nie.”

Die skryfcop het gesê sy bosses gaan nou gereeld daai spot laat control. Want die vorige week het hulle ’n bestuurder toegekap vir oor 100 km/h ry in ’n 60-sone. My poep was steeds ge-deep freeze.

So, die petrolkoppe moet maar wake-up wees vir daai spot net voor djy die dorp sou binne-vlieg. Die skryfcop het my na sy spietcop-kar se boot geneem. Daar my faain getjap.

Later sou Kind vir Pa sê: “Ek sien die skryfcop het Pa se beroep as ‘driver’ geskryf.”

Maar dis die umchilo wat die seerste gemaak het. Ek weier om dit hier bekend te maak, want Pantoffel gaan my swak maak.

Ek hoor haar alreeds afsak: “Dié maand vriet djy nie vleis nie. Mens kan ’n hele lam daarmee koop!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters