2 maande gelede
Laat ons daarna streef om die land nog mooier te maak
 ~ 

SORRY, maar ek laiks nie van bollie nie...

Nie eens van Nuwejaarsvoornemens nie – dit ruik na bababollie.

Diegene wat sulke bollie gedagtes het, skryf dit asseblief op ’n stukkie papier of cardboard box.

Sommer in los skrif, want niemand skryf mos meer in lopende skrif nie.

Nie met ’n rekenaar nie. Vat nou jou Bic lighter en steek daai einste stukkie papier of karton aan die brand.

Nou vat jy die assies as dit afgekoel het, en strooi dit oor die toiletpot. Spoel nou af.

Herhaal drie keer die afspoel-action totdat jy seker is daar bly niks van jou bollie voornemens oor nie.

Kyk, niggies en nefies, moetie kom kwaad raak nie.

Erken maar, elke liewe Nuwejaar traai ons mos om dieselfde dramatjie oor en oor op te voer.

Ons maak somma once net van ons ghaaie.

Regte ghaaie.

Nie eens klein Blake glo in sy oupa se Nuwejaar-nwatta-gedagtes nie.

Hy vat liewer sy dummie en suig dit totdat hy met sy “doedoe-koebersie” aan die slaap raak van verveeld wees met Nuwejaarsvoornemens.

Oukei, tjap my nou maar weer ongeskik. Onbeskof.

Maar hierie is mos nou glo ’n nuwe jaar.

By the way, wie’t ons geleer dat ’n jaar eindig ná ’n sekere aantal weke of dae en daarna begin ’n nuwe jaar?

Is dit dalk nie weer net ’n move van die setlaars of die colonialists nie?

Sal ek vir Juju vra of vir BLF?

Ei, my tjommies, ek laaik die taal Afrikaans moer toe baie.

Lekker sê­goed weer hier oor die festive gehoor.

“Maak los wat vas is, maak vas wat los is!”

En dan: “Maak leeg wat vol is, maak vol wat leeg is.”

Is dit nie dalk wat ons moet traai doen innie nuwe jaar nie?

Dat ons net sal voortgaan om ons mooie landjie nog mooier te maak nie? Net om weer soos mense saam te leef.

Die lewe is te kort vir Nuwejaarsvoornemens.

Die lewe is te kort om nog dikbek vir mekaar rond te loop.

Mens verloor te maklik geliefdes , vriende en kennisse vir wie jy seker nog in die nuwe jaar sou wou sorry sê.

Dan is daai persoon al weg – sy aardse tentpenne reeds uitgetrek.

En 2019 is ’n verkiesingsjaar. Skielik gaan T-hemde jou nuwe voornemens word ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters