Verlede maand
Kyk mooier na julle kinders
strap maar in: Belê maar in ’n car seat, al is dit hoe duur. Dis jou kind, after all. Foto: parentmap.com  ~ 

ONS praat almal van gesuip bestuur. Of hoe stupid dit is om te text en te bestuur op jou smart phone.

Of hoe jy moet buckle up.

Maar hoe baie mense praat oor die safety van ons kinders (veral die outjies onder die ouderdom van 12) in ons karre?

Wet

Ons bereik nou die einde van die National Child Passenger Safety Campaign (dit eindig op 16 September). Wat Debbie Bilson, ops director van Maxi-Cosi (makers van strollers en karsitplekke vir kiddies) my vertel, klink soos ’n horror film.

Want local navorsing toon dat slegs 7% van onse kids in car seats vasgestrap word. Lees: Bloed op die teer.

Al móét elke kind onder drie jaar oud volgens wet vasgestrap word, voel 93% van bestuurders, taxi’s en busse ’n veer.

En kinders tussen 4 en 12 moet ’n booster seat gegee word.

Volgens Bilson is kinders korter as 1,5 m eenvoudig nie veilig nie – al strap jy hulle vas met ’n gewone safety belt. Want daai onderste belt sit nie secure om die heupies nie en daai boonste belt kan jou kind se nek eenvoudig laat snap, want dit sit te naby daai nekkie.

Nou, wat nou gemaak?

Gebruik maar altyd ’n car seat, al gaan jy net na die local cafe op die hoek.

Moenie bodder met second hand car seats­ nie. Jy weet eenvoudig nie of die ding al in ’n crash was nie, en of parte missing is nie. En moenie bodder met daai seats­ wat sê one size fits all nie.

Onthou, die beste plek vir ’n kid’s car seat is rear- facing en aan die passasierskant op die agtersitplek.

Jy wil nie ’n bom genaamd ’n air bag in jou kind se gesig laat ontplof nie – instant fatality.

As jy ’n Isofix connec­tion in jou kar het, gebruik dit, en as jy nie het nie, gebruik ’n seat belt installed car seat en maak seker die ding is reg geïnstalleer (dit geld vir alle car seats).

En, ja, jy gaan my nou sê, maar dis moer duur.

Maar sorry, mammie.

Hoe gaan jy voel as jou ses maande oue baba deur die voorruit gevlieg het ...?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters