2 maande gelede
Keer ’n zombie apocalypse
 ~ 

IS ONS land se eens gerespekteerde Lady Justice regtig blind én doof?

Blind vir die onreg wat gepleeg word en doof vir die woedekreet van ’n dwelm­besmette gemeenskap?

Laas week het ’n Oos-Kaapse hof ’n veroordeelde druglord met net ’n boete van R1 miljoen “gestraf”.

Is dít hoe die wiel van geregtigheid draai – stadig en sonder daadwerk­like aksie?

Dis dus nie vreemd dat die meeste dwelmbase danksy hulle dwelmneste openlik ’n empire bou en skaamteloos tong uitsteek vir ons regstelsel nie.

Is ons vervolgingsgesag slapgat, of word hulle ore aangesit deur gladdebek prokureurs aan wie die druglords ’n kleinhuisie vol geld betaal om hulle los te kry?

Moet die dwelmbase nie aan die pen ry en ons gemeenskappe skoongemaak word van dwelms nie? Nou word die dwelmbeleërde gemeenskap gestraf.

Daai boete maak nie eens ’n duik in die rampokkers se geldkoffers nie. Daai moolas betaal hulle uit hulle agtersak. Wat ’n snotklap in die gesig van gemeenskappe wat saamwerk en die cops tip-offs gee oor die skadu­figure!

In die hof het Mr. Druglord sy siekte, ouderdom en werkloosheid voorgehou as rede dat hy nie bandietklere kan dra nie.

Dis common knowledge dat rampokkers met die blinkste karre ry en in moerse uptown mansions leef. Nou praat ek nie eens van die labels op hulle klere nie!

Ek beny hulle “Livin’ la Vida Loca” in ’n dwelmbemorste Mzansi! Lekker, nè?

Ja, ons kritiseer die cops, skel op die aanklaers en pleit vir wysheid vir die regters.

Maar wat as ’n skurk se geld ook ’n stem het? Bloedgeld wat sonder skaamte praat. Wat as dit in die hof ’n plea bargain strike?

Dan word genoeg “versagtende omstandighede” ge­fabriseer om die varke uit die tronk te hou. Dan hoef hulle nie met die ander semels te meng nie.

Maar wat van die gemeenskap vir wie die luis­gatte dwelms voer? Waar is hulle respek vir ons, wat daarna smag om ons vryheid in ’n dwelmvrye samelewing te geniet?

Waar laat dit ons as dwelmbase maak dat jong mense hul siel aan die dwelm­monster opveil en hulle ouerhuis leeg dra om hul verslawing te onderhou en dwelmbase se skatkis te vul? Waarin lê die geregtigheid opgesluit vir ons dwelmvoos buurte?

Waarvoor bargain ons, en wie hoor ons plea?

Moet Lady Jus­tice elke keer tot voordeel van gewetenlose skurke buig wanneer wetsgehoorsame burgers se regte verkrag word? Wanneer en hoe gaan dit eindig?

Eis gemeenskappe nie al lank ’n oog vir ’n oog nie? Moet mense se gatvolgeid altyd oorspoel in mob justice voordat geluister word?

Dwelms verteer ons gemeenskappe se siel. Lady Justice moet haar oogklappe afhaal voordat net zombies ons strate bewandel.

Dalk sal die skaal dan in die guns swaai van gemeenskappe wat dors na ’n dwelmvrye samelewing en sal druglords in die tronk hul turf sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters