6 maande gelede
Hokaai voordat jy terugklim op die apartheid-blame train
 ~ 

DIS blerrie apartheid se skuld dat my kar nourie dag in die besige Voortrekkerweg sonder petrol gaan staan het!

Wag ’n bietjie … Iets is fout met dié stelling.

Hoe de d*nner kan ekke dan nou ’n dooie ding blame vir my eie foute? En dít oorlat ekke nie genoeg juice in my kar se tenk gegooi het nie en weer die alewige petrol­liggie geïgnoreer het.

Maar is dit dan nie die norm in Mzansi om apartheid te blame vir ons eie k*kgedagtes nie?

Ja, daar is daai dom moere wat alewig apartheid blameer vir alles wat verkeerd gaan.

Byna 30 jaar nadat apartheid hom moer toe geval en ’n staatsbegrafnis gekry het, word dit steeds opgeroep om die blaam te dra vir dié wat te lafhartig is om pa te staan vir hul eie foute.

Kyk nou byvoorbeeld daai anner bra wat wragtag nourie dag apartheid die skuld gee vir die akkies daar in Mitchells Plain.

Ag asse-please! Wat de hel weet daai 30% buitelanders wat daar bly dan nou van apartheid af?

Nee! Dít wat daar aangaan, is net blatante, kriminele gedagtes en f*kk*l anners.

Jy kô nie op iemand anners se grond ’n kaia opsit en dan wil djy onskuldige mense wat niks met djou moegoegedagtes te doen het se eiendom beskadig nie.

Oukei. Apartheid was nou nie ammal se pel nie. Ek het ook nie gelaaik van daai bra nie, maar hy is nou long taaim vrek. So ek laat die dooies met rus.

Dit laat my nou terugdink aan daai gedig genaamd “Mr. Nobody” wat ons destyds (uhm … in die apartheids­jare) op laerskool uit ons kop moes ken.

In dié gedig word al die skuld mos op Mr. Nobody gepak.

Die boots wat rondlê, die ink wat gemors is en die bord wat gebreek is, dis alles Mr. Nobody se werk.

Daai digter was dalk met die helm ge­bore. Hy kon seker in die toekoms van Mzansi loer.

Want wragtag, sy gedig is vandag innie kol.

Al die akkies wat vandag verkeerd gaan, is iemand anders se skuld, oftewel almal s’n behalwe die moegoe-moer wat dit veroorsaak het.

Plaasmoorde is glo apartheid se skuld, te min huise is apartheid se skuld en die Sassa-debakel is glo ook apartheid se skuld. So as jy moor, steel, verkrag of what­ever, dan is dit ook seker apartheid se skuld.

Wragtag, dis tyd dat ons ’n slag man staan vir ons eie foute, want dan sal Mzansi dalk vorentoe beweeg ... met die verlede agter ons.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters