4 maande gelede
Hierdie ekke laat my nie deur ’n parawatsedinges afskrik nie
 ~ 

‘PA ... PARA ... Paraskevidekatriafobie!”

Sjoe, die are het nou omtrent op my voorkop gestaan om dáái woord uit te spreek. Ek is nou glad kortasem.

En nee, ek praat nie nou hier van parras nie – nie dié innie vleie of innie broeke nie.

Ek praat hier nou van ’n banggeid. Ja, ’n banggeid vi’ daai ongeluksdag – Vrydag die 13de.

Dis wat daai groot, fênsie woord beteken – vrees vi’ Vrydag die 13de!

Jy kry mos mense wat wragtig so ’n heilige vrees vir dié dag het dat hulle nie ee’s hul huis wil verlaat nie.

Nou hoeko’ nie!?

Kykie, ekke het laas Vrydag lekke’ uit die kooi gewip, reg om die dag aan te pak. Maar ee’ste met my dik lyf op my kniegies gegaan om vi’ onse liewe Heer dankie te sê dat ek my ogies kon oopmaak.

Die nommer 13 wassie eens naby my gedagtes nie, want ekke steur my mossie aan akkies nie. Dis vi’ my net nog ’n nomber, al val hy soms op ’n Vrydag.

Kyk, ekke loep onner lere deur lat dit goed gaan.

Nog nooit het die bra bo-op daai leer ’n blik verf op my kop laat val nie. En nog nooit het ’n ongeluk my onderstebo gery nie.

Daai leer is daar oor die sypaadjie opgesit vir daai bra om sy werk te doen. Want hoe gaat hy met sy verfkwas daar bo bykom?

My pad kruis ook byna daagliks met swart katte s’n.

Of dit nou straat- of huiskatte is en of dit nou op ’n Donderdag of ’n Vrydag is, vi’ wat sal ekke nou vi’ my daaroor worry? By the way, die swart kleur van daai kat is in sy hare en nie in sy sieletjie nie. So, hy kan vi’ djou niks maak’ie!

Kyk, as ekke dan nou sodanig kort ná my swart-kat-pad-kruis-episode iets moet oorkom, dan issit oorlat boeta Murphy my weer geslat het met sy law.

Ek moes net nie daai spesifieke tyd die straat oorgesteek het toe daai dronk vark ommie draai gejaag gekom het nie.

Of ek het in daai oop drein geval oorlat ’n blerrie tikkop die vorige aand die deksel gesteel het.

En Jason Voorhees en Freddy Krueger en al daai ouens se plestiek-gevreet-moer, man! Hulle kan ook’ie vi’ my ko’ tjais nie, want hulle is fiktiewe duiwels.

In my lewe het ek seker al honderde Vrydae die 13de oorleef en hier staan ekke nog perdfris en gesond.

Wag, onse next Vrydag die 13de is weer in Julie. Dan whietie o’s weer ’n ... ’m ... swart kat uit ’n bos!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters