4 maande gelede
Government, djulle móét vir ons future leaders gie wat hulle vra
 ~ 

WAT jy oorkom, is wat jy kortkom.

So chise die mense van my township. En nou die anner dag was djy die spreker by ’n beraad vir jong leiers wat deur die Evangelies-Lutherse Kerk oor die hele Wes-Kaap in jou township gehou is.

Daardie oggend toe djy met daardie groepie begeesterde jongmense gewerk het wat hulle vakansie gesac­rifice het sodat hulle met leadership skills ge-empower kon word.

Daai oggend was djy deep inside op ’n different planet. Planet Oppiekoffie.

Beneuk was djy oorlat djy gewonner het hoekom sou mense, die media, die antagoniste, die youth laat maak verstaan daa’ issie ’n future vir hulle nie? Nea, man! Djy moetie ko’ lollie, man! Ennit baatie djy raak kwaatie!

Want sien, daai oggend het die uwe hulle vertel van die man met die snaakse naam – Barak – en die ewe vreemde van – Obama (wat baie klink soos Amerika se aartsvyand se naam) wat die eerste swart Amerikaanse president geword het. Dit te midde van die media en die antagoniste wat hom nie eens ’n kat se kans gegee het nie.

Dan het die uwe ook onlangs geluister na die beste Suid-Afrikaanse bevrydingsteoloog – dr. Allan Boesak – se preek by com­rade antie Vivvie se troosdiens ... “Keep your eye on the other shore ...”

Moenie by die eerste terugslag terugverlang na beter dae nie, het Boesak gepreek. En die skare het soos van ouds ge-“Boesak! Boesak!”

’n Preek met ’n positive vibration – Bob Marley staail.

Nes djy daai oggend getraai het ommie youth te laat understand hulle kan die future determine. Dis hulle wat byvoorbeeld in skole die negatives van dissipline kan omswaai ... deur vir hulle maats te vertel dis cool om gedissiplineerd te wees, om vir hulle teachers te preach om positive te stay en nie moed te verloor nie.

Dat te midde van ’n kurrikulum wat miskien fail, nie alles sal fail nie. Dat daar uit hulle die future presidente, advokate, engineers, argitekte en Boesaks, sal kom ... móét kom!

So, wie is die antagoniste wat die youth wil laat believe dat hulle die lost generation is? Dat ’n matrieksertifikaat net ’n werkloosheidsertifikaat is?

Daar’s hoop. Soos Obama skryf: “The Audacity of Hope.­’’

So, government, djulle beter gee wat die future leaders vra, anners gaan djulle ma’ once oorkom wat djulle kortkom!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters