6 maande gelede
Gat skuur op die langpad en alkohol is ’n baie swak mix
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

WIE de hel kan dan nog moerig wees hier oppie drumpel van Krismis?

Wel, vandag, aan die vooraand van die Groot Trek na familie en vriende, moet ek net weer waarsku teen die dangers op ons paaie ... die swart slang met die spikkelwit streep in die middel.

Dis weer tyd vir daai Arrive Alive move. Nuff respect vir medereisigers.

Stop vir rooi ligte en laat die blou ligte jou maag bewe.

En virrie boys in blou: Kap toe! Zero tolerance. En moetie vir Antie Mercy jou kop laat kom ompraat nie. No mercy. Tronk issie vir voëls nie.

En djy wat nog so speed ... My flip, man, djy’s gewoonweg onnooslik. Wa’ ko’ djy nog aan jaag? Wiet djy hoe duur petrol is? Vir wie wil djy impress? Soos Blake sal sê: “Djou ghai ... djou regte ghai!”

En nou wil die uwe bid soos hulle op Fakebook bid vir “reisgenade”.

Dis lewensnoodsaaklik.

En vir diegene wat wil suip, suip! Suip jou poepdronk. Suip tot djou bek stink na ou kaas.

Maar Uber. Of Bolt.

Kyk, die uwe suip mos nét Krismistye.

So, as ek my geliefde Stroh Rum down, is pantoffel my Uber.

Next time as djy sien Pantoffel is my Uber, kan djy wiet ek’s ge-olie. Want drank verdra nie ’n kar nie. Te veel lewens hang daarvan af.

En as die babbie toeslaan, gebruik Prohep of lewerpille. Eno’s of koeksoda werk net so goed. Traai dit.

Maar lossie stuurwiel uit. Want niks werk vir die visit aan die cop shop nie. Die cops rook nie koerantpapier nie. Oekie die Matjie nie.

Hang aan ’n tak, my boeta, my sussa.

Chise liewer saam Jan Tuisbly se skorra-skorra ... Jalopy ofte not.

En vir die breghgatte mettie 4x4’s, die SUV’s en High­line-bakkies: Moenie ko’ maak asof die pad aan djulle behoort nie.

Moenie lat jou jemmie na jou vet pens toe gaan nie, Fat Cat.

Enniehouw, hierie is seriaas business. Lewensverlies is onomkeerbaar. So ook die skuldgevoel as iemand met sy lewe geboet het.

Gee jou sleutel af. Ry stadig.

Die secret virrie langpad? Verdraagsaamheid ... Bedagsaamheid ... Geduld ...

En ’n vars, uitgeruste driver oek.

Traai sommer ’n Score of Monster of Play of Bioplus ... Ienagge ietsie wat die driver wakkerder sal hou.

Want sien, die gaan kuier is net soe important soes die terugkeer kaja toe ná ’n lekker holiday.

Veilig ry, maats.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters