21 dae gelede
Fake news moet ons asseblief tog net in die ou jaar agterlaat
Son Twitter
Volg @SonKoerant op Twitter  ~ 

DIE jaar sien finally sy gat en ons sal dit seker onthou­ vir ál die fake news.

Veral Twitter is so rof en onbeskof soos die padvarke op die paaie.

Daar word dikwels gejoke Mzansi het zero chill, maar actually het Suid-Afrikaners no mercy in die sosiale media.

My kollegas weet al dis die agste wonder dat ek nog nie in ’n inrigting is van ál die inbox mes­sages nie.

Terloops een Saterdagaand halftwaalf spam iemand, wat juis in ’n inrigting is, ons moet dringend kom help om ’n loved one te bel. Daar is ook die meisiekind wat haar ma se Facebook gebruik en haar in ons inbox spuls hou.

Kyk, in elke liewe inbox message reken die sender dis ’n voorbladstorie. Shame! Baie daarvan is nie eens ’n artikel nie.

Na my beskeie mening is die grootste contributor van fake news onse lesers!

Sien, ek en jy lees die bog wat ons gegee word en ons reaksie is altyd om dit te glo, ongeag of dit feit of fiksie is.

Ons sien net ’n foto van ’n brand of protest en dink dit gebeur nou. Ons lees korrupsie of rassisme en besluit sommer wie skuldig is!

Baie stories begin by ’n nuuswenk, maar as ek ’n R1 gekry het vir elke keer as ek moes hoor ek wil anoniem bly, was ek nou al skatryk.

Die ander ding wat ook gesê word, is: “Ek het dit gehoor.”

Dis hoorsê!

As die fake-news-bom bars, word ál tien vingers gepoint na ál wat joernalis is, en almal word oor een kam geskeer!

As ’n joernalis met iemand verskil – amper asof joernaliste nie ook geregtig is op ’n opinie nie – dan word jy ’n disgrace en biased gelabel.

Verstaan my mooi: Joernaliste moet verantwoorde­like reporting doen en die basics volg.

’n Eensydige artikel met geen feite nie, is eenvoudig net verkeerd. ’n Artikel waar ál die betrokke partye aangehaal of pogings daarvoor aangewend is, mean nie die joernalis stem saam met die inhoud nie. Joernaliste is net die boodskapdraer.

Ook nie álles is nuuswaardig nie. Daar is ook ’n verskil tussen fake news en sensasie.

Kyk maar na die Instagram post van missing kids, wat toe heeltyd by hulle pa was. En Chris wat jokes gemaak het, terwyl ons weet Bles het nie vir almal ’n roos gegee nie.

Die mediabedryf het beslis uitdagings, en wat ons nié moet saamvat na 2019 nie, is om elke liewe social media post ’n artikel te maak.

My redakteur sê ons kan liewer laat wees met ’n storie as ’n scoop sonder feite hê en ons reputasie breek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters