2 maande gelede
Djy dink djy hokaai, dan stel die duiwel traps om elke hoek, draai
 ~ 

EK VERMOED die duiwel het Januariemaand aspris moederaarde toe gestuur om op ons nerves­ te ko’ werk.

Wragtag. Want geen ander maand mors só met ’n mens se nerves, beursie, gemoed en geduld nie. Dis die blerrie langste maand van die jaar – met so 90 dae.

Jou gemoed is af, djy is moeg ge-Krieza, djy moet t’rug werk toe, t’rug skool toe, djou wallet is bankrot en jy wil sommer net tjank, want daardie 90 dae lê nog wyd en uit­gestrek voor jou.

Dis ook nie al nie. Januarie is ook die maand wat góú klaarspeel met Nuwejaarsvoornemens.

Djy het djou Oujaarsaand in jou moer gedrink en k*k aangevang. Dan, op Nuwejaarsdag, is djy skaam en nou maak djy voornemens om nóóit weer te drink nie.

Maar djy bly dan langs ’n smokkelhuis …

Skaars ’n dag daarna waai die drankgeure oor djou Vibra­crete-mure en moer in djou neus­vleuels vas.

Nou kry djy cold turkey symptoms en gee sulke fyn poepies van lusgeid vir drank.

Dán hol djy na die einste smokkie en gaat versyp djou lewer daar.

Die ander bra promise homself weer hy sal nie meer innie nuwe jaar ’n meireboef wesie. Maar sy sexy én single buurvrou werk aspris met kort rokkies en gat-shorts in haar tuin. En daar verkrummel sy weerstand, sommer op Tweede Nuwejaar.

’n Ander boeta het weer gesê in die nuwe jaar gaat hy nie meer die money­lenders ryk maak’ie. Maar hie’ innie tweede week van Januarie is hy platsak en die “private calls” maak hom mal. Nou skiem hy: Nuwejaarsvoornemens se moer! Nou mol hy vir daai lang queues voor boeta Cash se grênd double­storey huis.

Ekke het weer daaraan gedink – let wel, net gedink – om gewig te verloor.

Maar ek kry dan miltsteek wanneer ek die sport oppie tiewie sien! En ekke is te lief vi’ lekke vriet.

Maar ekke het wel voornemens gemaak dat ekke nie meer gaat vloek’ie.

Maar nourie dag toe ek tjieng wil trek daar by die ATM, toe vloek ekke vreeslik my bank se ma uit. Ek mean, hulle kan mos ten minste vir my laat weet het hulle is bankrot, want die masjien spoeg dan elke keer “insufficient funds”-papiertjies uit. En daar is wragtag nog so plus-minus 75 dae oor vorie maand-end.

Januarie werk rêrag nie vi’ ôs nie. Bra duiwel, kô haal djou Januarie, asseplease!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters