Verlede maand
Dit kos ’n virus vir almal om te sien hoe diep in die sop ons is
More than 944 030 declared cases have been registe
Die corona-virus het gewys die land sit met 'n humanitêre krisis.  ~ Getty Images

MY F*K, Suid-Afrika, dit kos ’n virus en ’n Vryheidsmaand in lockdown vir sommige om te besef ons sit met ’n humanitêre krisis!

Pres. Cyril Ramaphosa sê: “Ons vind onsself in ’n stryd waar die fokus weer val op die armoede en ongelykhede wat ons samelewing define. Dié pandemie dwing ons om ons realiteit te konfronteer.”

No shit, Sherlock! Vat dit dan nou wragtag iets wat ons nie kan sien nie om die realiteit te sien?

Het ons dan 30 jaar nie geweet nie? Dra ons dan maskers wat nie gesien kan word nie of beteken dit ons sien net waar, wanneer en wat ons wil?

Met ’n werkloosheidsyfer van 29% sou ’n mens dink dis flippen obvious daar is ’n groot nood in die land.

Saam met die skielike realiteit kon “nie-noodsaaklike” uitgawes ook bleddie vinnig gesny word om vir kospakkies voorsiening te maak.

Nie eens met vloede en brande is kospakkies so vinnig beskikbaar nie. Gaan die kospakkies weer met die onnodige uitgawes vervang word wanneer ons gemaklik is met die “new normal”?

Gepraat van kospakkies, het al die soppotte saam met die virus hier aangekom?

Ja, ons moet mekaar help en baie doen goeie werk, maar daar is ook ’n neiging waar almal skielik “gereeld” ’n sopkombuis of NGO het.

Daagliks lees ek hoe mense sê hulle kry nie kospakkies nie en dit word net rondom hulle uitgedeel.

Verlede Vrydag sê ’n emosionele Peter Marais deur sy trane: “Jy kan jou nie op die skouer klop vir die paar kospakkies wat uitgedeel is nie; die nood is te groot.”

My ekonomie-onnie het altyd gesê: “Die vraag is altyd meer as die aanbod”.

Sassa in die Wes-Kaap het verlede week net meer as 1 800 kospakkies uitgedeel. Dié week beplan hulle om meer as 3 100 in die provinsie uit te deel. Die provinsie het meer as 6,5 miljoen mense en ’n werkloosheidsyfer van 20,9%.

Terwyl ek dit skryf, kry ek die sesde boodskap van ’n antie wat vra om in die Son te wees, want sy gee kos aan 50 kinders en wil vir die mense wys en sy soek ook donasies.

As ons #StrongerTogether is, moet ons pogings verbeter. Dit is duidelik ons kort ’n meer georganiseerde benadering met al die kospakkies.

Tans om in die groot nood om ons te voorsien, staan almal met ’n sop-resep net nader. Nou vra ek: Wie gaan eet en wie gaan kyk?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters