29 dae gelede
Dis wee’ daai tyd van die jaar waar almal uithaak en baklei
 ~ 

AWÊ! Dis al wee’ sukke tyd! Dis breaking up en die Krieza-geure hang innie lug!

Boney M. en Judy Boucher weerklink oorie… ag nee, ek raak sommer van voor af naar!

Maar wag, dis mos ook dié tyd dat ekke, mister Die Uwe, ’n bietjie Moerig raak.

Want dis elke djaar die selle k*k wat voorie deur lê en wag.

Dié tyd vannie jaar issit mos opf*ktyd, want allie nwatas vannie hele jaar is gebêre tot nóú.

Hoeko’ dan tot nóú? Vir 365 dae, minus ’n halwe maand, was daar tyd om vir djou kollegas daar byrie fabriek te ve’tel dat djy hulle nie laiks nie!

Maar nee, dit moet nou va’dag met breaking up wies dat djy nou besef dat hulle daardie tipe kom-moer-my-tog-gevreetjies het.

Natuurlik met die hulp van Bacchus-bloed gaan djou ogies nou oop, want djy’s nou k*k sterk en djou vuiste jeuk!

En dán word djy goed gemoer, want hulle laiks djou ook nie. Want djy het allie tyd ’n los bek gehad.

Nou ve’ruil djy dit vi’ ’n bloedbek.

En môre ka’ djy nie ee’s tot tien tel nie – o ja, want djou bek is mos seer.

Vanaand is die laaste kantoor-paartie weer aan. Nóú rukkie ding alweer mal.

Die wyn loep soes water en die vrate vreet die sterk waters behoorlik.

Nou moet die arme baas hoor van sy ma se Krismis-moer! Want hy was dié jaar weer suinig mettie bonusse.

Nou spat die duur (leë) wynbottels oor en weer en ’n platter cocktail-tamaties, Weense worsies en bonsai-frikkadelle beland sommer in iemand se dronk gevriet.

En nou word daar sommer so links en regs afgedank dat dit goed gaan, want die baas is kwaad én dronk.

En dis ook sommer (alweer) die laaste kantoor-paartie!

Nou word virrie baas ve’duidelik hoe hy sy k*k werk in sy groot, diep h*l kan opdruk. Ai, en daar rol die ghoene weer.

En innie meantaaim besef dronk Sanna met haar los koekblik die lyf van daai bra in Despatch lyk baie lekke’.

Hulle ve’dwyn gou vinnig na agter, terwyl die platters en (leë) wynbottels waai. Hulle word later in ’n ongemaklike, akrobatiese posisie innie k*khuis deurie cleaner betrap. Nou word die wyn geblame.

Want djy wat Sanna is, sal never-ke-pever sulke dinge aanvang as djy nugter is nie.

Want djy issie dáái soort meisie nie! Askies?!

En so gaat o’s Krieza binne… elke jaar die selle ding!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters