5 maande gelede
Die wrede Janneworries gee genadiglik­ al sy doodsroggel
Salmon Smith  ~ Foto Verskaf

RAAIT! Die Krieza season is over skedovers!Die nuwe jaar het begin en dit spoed volstoom voort. Die skole is volspoed aanie gang en die fabrieke se stof hang hoog teen die dak soos die masjiene weer begin raas.

In sommige mense se vensters pryk nog Krismisliggies en die Krismisbome staan nog versier innie hoeke.

Hulle het seker nog daardie festive­ feel­ings in hul gat.

Maar by the way – alles is weer back to square one.

Sommiges se Nuwedjaarsvoornemens het al klaar hul gat gesien. En nou face ons weer spitsverkeer – daardie ding wat deur die duiwel aarde toe gestuur is om o’s hier te ko’ verpes. En dít laat my juis een van my Nuwe­djaarsvoornemens – om nooit weer te vloek nie – verbreek.

Maar in hierdie stadium lê die maand-uit-die-hel – Janneworries – in ’n kritieke toestand innie hospitaal. O’s wag in spanning dat hy sy doodsroggel gee.

Ja, hy het mos vreeslik op o’s nerves ko’ werk – seker oorlat o’s mos sy bra, Desember, so lekker vertrap het.

Dié jollie maand is nou vi’giete en Janneworries het getjek: “Nóú gaat djulle lekker akkies, djulle moegoes!”

Toe ko’ speel hy maaind games met o’s. Vi o’s laat dink hy is Metusalem om so lank te lewe – wragtig die ienagste maand met 55 dae.

O’s het behoorlik deur o’s ribbes geakkies en berg toe gekyk, want daar was nog te veel maand oor aan die einde van o’s tjieng. Die ienagste mense wat gesmaail het, was die moneylenders en die secondhand owners.

Daai boetas het sommer behoorlik dollar signs in hul oë gehad. O’s het darem survive. Ook maar net-net.

Nou lê die einde hier voor o’s en die bankkaarte kan nou weer afgestof word en o’s kan nou weer die ATM’s vol moed en selfvertroue innie gesig kyk. Die moneylender kan nou maar sy tjieng terugkry – met die honderd persent rente natuurlik by. Nou smaail daai boeta sy beste goue smaail.

Die laptops, twieplaat-stouwe en selfone kan weer uit die pan gehaal word, want Janneworries haal swaar en hortend asem. Nou kan o’s weer vorentoe kyk en wonner wat hou 2020 vir o’s in.

Gaat die prins van donkerte – Eksdom – weer sy nwatas ko’ try? Gaat Metrofail se spore darem weer begin sing soos jare gelede?

Gaat Boeta Inflasie darem mercy op ons siele hê?

Gaat die petrolprys ons weer laat voetslaan? O’s kyk maar en thetha weer later!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters