5 maande gelede
Dié spesie floreer op misdaad en ons goewerment sien mooi na hulle om
 ~ 

DAAR is ’n dierspesie op aarde waarin ’n wetenskaplike nie sommer sal belangstel nie.

Dis ’n spesie wat loop op twee pote en sy naam is “Gewetenlose-Krimineel-Gedierte”. Sy wetenskaplike naam is Vullisoptweepotia Misdadigeskuimopodia. Hulle is verwant aan die parasietspesie en teer op die sweet en vrees van hardwerkende en onskuldige mense.

Hul hele lewe wentel net om hul eie bestaan en f*k die res.

Hulle is gewetenlose misdadigers wat net hul eie doelwitte nastreef. Hulle is te k*k sleg om werk te soek en misdaad is hul enigste opsie, want daar is nie meer voldoende nagevolge vir hul dade nie.

Onder die Vullisoptweepotia Misdadigeskuimopodia sorteer subspesies soos verkragters, moordenaars, gangsters, rowers … ag, you name it.

Hulle is oral in ons gemeenskappe en voel f*kk*l vir ander se gevoelens –solank hulle net hul kriminele doelwitte bereik en ’n klomp geld daaruit maak. Net om dit uit te tik, rook, suip of whatever.

Djy as slagoffer moet self deal met djou trauma, skade of geldelike verlies.

Die Vullisoptweepotia Misdadigeskuimopodia is nogal baie vindingryk. Hulle pak byvoorbeeld klippe op die snelweë om niksvermoedende motoriste se voertuie te beskadig of gooi klippe van brûe af deur motors se voorruite – dít alles om motoriste te beroof.

Hulle breek djou ruite, deure of burglar bars net om djou belongings te kom wegdra. As djy hulle durf keer, dan is djou k*k geboek. Want hulle voel f*kk*l vir djou se lewe. Hulle verander die gemeenskappe in oorlogsones met hul skietery en gee nie om wie in die kruisvuur beland nie.

Dan val die Vullisoptweepotia Misdadigeskuim­opodia ook nogal onder die beskermde dierspesies. Hulle word deur die goewerment gepamperlang. Hulle kry free lawyers om hulle te defend op onkoste van hul arme slagoffers.

In die bandiethotel vriet hulle lekker, bly verniet en kan study­ ook. Nou kan hulle nog pay ook. Arme slagoffers betaal.

En waag djy dit net om jou teen die spesie te verset, djouself te beskerm en sodoende hul dood te veroorsaak, dan gaan djy lekker klippe k*k!

Djy word opgeskroef tot in die hoogste hof.

Ek voel daar moet ’n departement wees waar slagoffers van ’n misdaad kan eis vir verliese, trauma of beserings. Djy moet ook ’n subsidie kan eis vir onkoste aangegaan om jou property of djou lewe te beveilig.

Dit lyk asof die goewerment besig is om die stryd te verloor teen dié spesie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters