5 dae gelede
Die ‘patriargie’ sal net weet as dié spul met jou klaar is
 ~ 

‘DAMES, sê my wat jou naam is. My naam is Adria–” Hokaai, wag stoppie bus.

Dis nou skielik ’n dood­sonde om met dié oorwurm saam te sing. Hoekom? Want dit verkleineer vroue, hoor ek ’n baie minder catchy koortjie neul.

“Die liedjie beeld vroue in die grofste vorm as seksvoorwerpe uit. Dit regverdig ook dat mans hulle way met vroue het of hulle by die deur uitgooi as hulle teen seks beswaar maak,” het ’n politieke ontleder en feminis dié week geskryf.

Dis ’n raak beskrywing. Soort van. Die stuk gaan mos eintlik net oor één sad sack wat op die emosionele ouderdom van ’n 13-jarige vasgehaak het. Maar oukei, gestel ons stem saam dat dit op alle mans betrekking het.

Die ontleder se gevolgtrekking? “As ons gendergeweld wil stop, moet ons elke stukkie patriargie beveg wat die status, agentskap en waarde van vroue afrem, beledig, objektiveer en verminder.”

Jô! Triggered much?

Anyway, ek het ’n paar vrae oor dié leap of faith.

Eerstens, wat het zef musiek met gendergeweld te doen? Ninja van Die Antwoord raak veel rowwer goed kwyt en dit lyk nie asof dit Yolandi Vi$$er veel pla nie.

Trouens, sy sing net so hard saam. Sy own haar karakter. En dis awesome.

Ek weet nie veel van die patriargie nie, toe gaan kyk ek op patriarchy.com. Maar snaaks genoeg is daar nie so ’n website nie. Daar is wel ’n spoof site, thepatriarchy.org. Maar dié lyk meer na iets wat een aand in ’n sad, lonely ou se basement aanmekaargeslaan is as na ’n geheime, wêreldwye organisasie wat deur die nuwe vroulike James­ Bond tot ’n val gebring sal moet word.

Daar’s ook nie plaaslike kantore van die patriargie enige plek in die wêreld nie. Dit lyk dus vir my asof dit nét die feministe is wat ’n mens enige iets oor die patriargie kan vertel. You see the problem?

Maar terug na Biggie se oorwurm. Blykbaar moet dié nou dieselfde paadjie loop as Steve Hofmeyr en die ou Suid-Afrikaanse vlag.

En ek sê sussie, nee. Dáái kite gaan nie vlieg nie. Want eenvoudig gestel, sou dít beteken dis legit om iemand anders vir my te laat kies wat aanvaarbaar is.

Stem ek saam met die inhoud van Biggie se stuk? Nope. Maar ek dink dis belangrik vir elke mens om self te besluit.

Of moet almal dan droë ou koeke wees om nie op iemand anders se precious marshmallow-toontjies te trap nie? Wil jy werklik in ’n steriele stelsel bly waar almal dieselfde moet dink?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters