5 maande gelede
Dié onregverdige lewe tref soms dié wat weerloos is, die swaarste
 ~ 

EK GLO dit nie meer nie – dat die lewe regverdig is.

Want sien, dit is die weerloosste mense onder ons wat soms die swaarste deur die lewe getref word. Eintlik mishandel word.

(Lees asseblief alles teen die agtergrond van “goeies uitgesluit”, voordat ek weer onnodig gekruisig word.)

Vat maar die oues van dae in versorgingsoorde – hulle wat oorgelaat is aan die genade van ander.

Ek praat met jou wat jou ouers in die ouetehuis gaan sit het omdat hulle weer soos kinders geword het.

Het jou ma jou in ’n kinderhuis gesit toe jy ’n kind was?

Nee, man, selfs Habakuk weet dit kan nie so aanneuk nie.

Jy, mammie wat jou kind sonder kos skool toe stuur.

Jy, pappie wat loop roll-on koop het toe jy jou bloedjie moes onderhou.

Hy of sy het mos nie gevra om hier te wees nie, of hoe?

Die onskuldige, weerlose, mooie ou dingetjie vra net liefde en versorging.

Jy wat nie belangstel in jou kind se vordering op skool nie. Ruk jou reg, man.

Want sien, eendag wanneer daai kind ’n salaris verdien, gaan jy sonder skaamte bakhand staan om ’n pennie of tien te kry.

Om te watte?

Die lewe laaiks nie van justice nie.

Vra maar vir die mense wat AllPay kry.

Kyk hoe sak die loan sharks op hulle toe.

Druk elke druppeltjie bloed – lees elke pennie – uit hulle uit.

En dan word hulle boonop soos loafers behandel.

Nogal loafers met hul eie umchilo?

Sorry, my kroon, djy dala nie soe met my mense nie.

Dan change djy mos hul wit kaartjie na ’n groen kaartjie – en dan moet hulle nog interest betaal ook.

Hoe op aarde kan djy so gewetenloos wees om die armstes van die armes so te rob? Wiet djy, Lucifer hang al da boe mettie lectriek koebers om djou lekka warm toe te draai tot djy die beste kaiing maak.

Enniehouw, die lewe diskrimineer like hell teen die weerloses.

Het djy al gesien of die richest of the rich suffer soos die poorest of the poor?

Of het djy al gesien dat rykes regtig omgee vir die armes?

Laaik ’n reggae brother sing: “Rich man, share your riches with the poor before the poor share their poverty with you.”

Weerloses, wees sterk.

Jul reward wag vir julle in ’n holy place.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters