4 maande gelede
Die joef begin ’n movement wat ’n tsoenamie kan word
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

DAAR is ’n renaissance, ’n ontwaking onder die youth in ons townships.

En ek wil believe dit gaan ’n nesjinil wave veroorsaak.

En daai golf sal ons moet ry ... Dis ’n wille perd wat bloots gery moet word.

Ek praat nou van die joef wat besef dat poepoliticians die baton vir hulle gedrop het en dat hulle daai einste aflosstokkie self moet optel.

Die jong mense in my township word ’n movement van community builders. En eventually nation builders.

Hulle waardeer die fondament wat die old folks gelê het, maar soebat hulle om nou te gaan rus ... Hulle hanteer die bread-and-butter issues in hulle communities.

Hulle maak met prysenswaardige projekte nie net ’n gewone verskil in hulle communities nie. Nee, hulle verspoel soos tsoenamies armoede en sosiale verval uit die huise en slaapkamers van onse mense.

Hulle noem hulself die Millennium Laities. Die true born frees.

Hulle besef dat die gryses nie organisa­tions vir hulle kan claim nie.

Die joef as nasiebouers het die support van die gemeenskap. Hulle organiseer hulle so dat selfs plaaslikeregerings- en verstokte staatsdepartemente note vat.

In so ’n mate dat nou wakker geskrik word vir die wave van live action against dwelmmisbruik, werkloosheid, armoede, diefstal, moord, gesinsgeweld, gebrekkige dienslewering ... (Maak die lys self langer.)

Dis die WiFi generation se oomblik om die ADSL-lyne te vervang met broadband fibre en 5G. Om die ouer garde se infrared connec­tions te vervang met Bluetooth.

Dís hoe gou dinge kan verander wanneer die jeug as nuwe leiers begin oorvat, voor vat – of dit nou die plaaslike motorklubs is of enige ander movement wat die lewensveranderende aanslag begin het.

Gemeenskapsorganisasies moet support word, reform word.

Daar lê nog die spreekwoordelike long walk to freedom vir dié vibrant, energetic young lions voor.

But at least is dit ’n fresh start. Net wat elke liewe community in dié ou landjie van ons nodig het. Ons kan mossie emigreer nie ... Nee, ons love Mother Africa.

Gone is die dae dat die joef vir ’n ride gevat is, dat net talk shops oor social issues gehou is.

Nou is die tyd vir changes wat mense aan hulle bas sal voel. Skielik is daar hoop, baie hoop vir die toekoms.

Oorlat die jeug mos die toekoms is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters