2 maande gelede
Die goewermint beter sy plan fyn uitwerk, anders is ons sat
 ~ 

JARE der jare gelede, het boeta Jan en sy brasse met groot fanfare mettie Drommedaris, die Reiger­ en die Titanic hier in die baai mettie moerse plat berg aangekom.

Hy’t toe getjek: “Jislaaik! Wat ’n kwaai plek om tuin te maak!” Hy en sy brasse het toe tuin gemaak en ’n padstal opgerig virrie anner bote wat hier vi’by laains.

Ook het hulle nie net hul eie geoeste vrug geëet nie. Hulle het ook die verbode vrug geëet van my oergrootjies se oumagrootjies. Dis hoekô ek so ’n kwaai tan colour het.

En só is daar mettertyd oral in Mzansi landerye aangelê en die suidelike punt van donker Afrika het vooruitgang getoon.

My oeroupa hettie meer met pyl en boog gejag en hulle holle met velle bedek nie

Die dorings hettie meer hulle arms na-moer gekrap as hulle agter ’n bok aanhol nie. Nee, daar is nou oorvloed dite, want die boere voorsien.

Maar nóú word daar gepraat van ’n anner deng, hier in die pragtige Mzansi. ’n Deng wat die uwe nie so lekker vi’staan nie – grondonteiening sonner vergoeding!

Ekke mean­, hoe gaat dié deng nou werk? Gaan ou Jan Boer se plaas nou net so gevat word sonner dat die bra nou ’n tjieng kry?

Wat gaat die bank dan nou daaroor sê? Want boeta Jan skuld nog miljoene.

Gaan sy arme werkers nou unemployment draw?

En wat as moerige boeta Jan nou besluit om al sy implemente en vee te vi’koep, sy opstal uitbrand en dan sê: “Dê! Hie’s djulle grond! Maak nou daarmee wat djulle wil!”

Gaat die goewermint nou aan die nuwe owners tjieng gee om van voor af te begin boer? Of gaat die Landbank ’n paar pitte voorskiet?

En wat van die nuwe owners wat nie kan boer? Gaat die goewermint aan hul ammal boerlesse supply?

Wat as die goewermint nie ammal kan uit-bail mettie lesse of tjieng nie?

Dan sien ek nou al voor my geestesoog hoe word allie oorblywende beeste en skape opgevriet tot daar net ’n kale land oorbly. Dan word die vorige owners ge-blame oor daar te min vee was vir ’n leeftyd.

Of die nuwe hoenerboer se business flop oorlat hy die nuwe kuikens te diep innie grond plant. Nou begin Mzansi swaar trek. Die kospryse skyrocket en ons ribbes wys vannie hongerte.

Nou moet ôs bakhand staan by anner lande vir dite.

Ek nie anners as om te voorspel: Hie kô gróót k*k!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters