5 maande gelede
Daar’s ’n tikkop op my stoep om jóú grinder te try ve’koep
 ~ 

HOEKO’ is daar diewe, rowers en skelms? Want daar’s ’n mark vir hul gesteelde of geroofde goed.

Dié etters word ge-entertain deur die dom donners wat hul goed koep.

Imagine ’n tikkop-skelm kom klop aan djouse deur.

“Ek sê, my larney! Ek het ’n lekke gelukkie vi’ my larney,” sak hy met sy breë hekkiebek af wanneer djy djou deur oopmaak.

Djy kyk in die sak wat hy gretig vir djou oopmaak. Djy tjek daai kwaai lektriek grinder uit. En djy tjek dan: “Jô! Dis mos wragtag ’n kwaai gelukkie!”

Jy koep daai “gelukkie” en haasbek-skelmgemors-tikkop se smaail amputeer byna sy kop soos hy hom dan haas na die naaste mert toe vir sy volgende fix.

Môre loep breek hy weer by djou buurman se huis in vir ’n TV om te ve’koep, want daar is ’n mark vi sy gesteelde goed.

Djy staan een oggend op en djy stiek djou hand uit na djou kwaai galvanised motorhek om dit oop te maak. Maar djy vat mis, want daar waar djou motorhek was, is nou ’n kaal kol. Dis die vorige nag gesteel vir scrap metal, boeta!

Want die scrapyard betaal lekke vir ’n kilogram staal en geen vrae word gevra nie.

En gaan kyk bietjie in ons gemeenskappe hoe sit die vuilgevriete die pawn shops se banke vol om hul buit van die vorige nag te ve’koep.

Ja, hulle het heelnag “nagskof gewerk” om hardwerkende mense se goed te steel, want iéwers gaan iémand daarvoor betaal.

’n Gun word by ’n verkeerslig in djou gesig gedruk vir djou kwaai kar, want ’n dealer wag om dit op die swart mark te swaai.

Djy sit nog in spitsverkeer in Valhalla Drive op djou kwaai smartfoun en praat net om later met ’n kale hand te sit. Want ’n smash-and-grabber het skielik eienaarskap van djou foun oorgevat.

En so kan ek aangaan om te wys: Crime does pay. Dít omdat eenvoudige moegoes dié k*k entertain!

Kyk, ek ken ’n skelm vuilgevriet sommer van ver af uit as hy aan my deur kô klop met ’n “gelukkie”. Dit sal sy laaste klop wees. Ek moer hom met ’n piksteel van my deur af weg dat hy na sy mammie ve’lang.

Wat soek hy in die eerste plek in my erf? En môre kô’ steel hy my goete om te ve’koep. Ek entertain nie misdadigers nie, want ek laaik hulle f*kk*l.

Maar solank as wat daar ’n mark is vir gesteelde goed, gaan hulle altyd daar wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters