18 dae gelede
Daar’s geleerde, gesonde bruin vroue op hoogste vlakke in SA
 ~ 

EERS het ’n nwatta met die naam van Kuli Roberts ge­try om onse bruin vroue swak te maak – “van swirlkouse en aanteel en van naaimasjiene”, mos.

En toe bars die hel los. Hopelik is Kuli lankal vedala oor haar bollie wat sy oor die roots vannie nasie gemaak het.

Net toe ons tjek niemand sallit ooit weer try om kallit girlies swak te maak nie, toe kom daar nog ’n attack.

Dié keer nogal van geleerde mense. Sorry, maar ek moet byvoeg – geleerde wit vroue van die Universiteit Stellenbosch.

Nogal research dat onse vroue nie ’n maaind hettie. Dat ons vroue ’n laer intelligensie het. Die stuk dra die naam Age- and Education-related Effects on Cognitive Functioning in Coloured­ South African women­.

Hulle sê bruin vroue is vatbaar vir swak verstandelike ontwikkeling omdat hulle vlak van opvoeding laag is en oor hulle ’n ongesonde leefstyl het. So asof dit nét van kallits waar is!

Is dit nie om van te kots nie? Is dit nie even erger as Kuli se bollie nie ?

Boeta Heindrich Wyngaard noem dit “sotlike kategorisering”. Nogal ’n slim boytjie ... en daai wys sy ma moes mos oek clever gewies het, nuh?

So waar op aarde kom dié researchers daaraan? Nogal 60 vroue gevat vir hulle studie terwyl daar miljoene bruin vroue is.

Elke oggend staar ek oopmond na my mooi, bruin vrouekollegas. Slim, boetietjie, slim. Én geleerd!

Mind you, hulle laaiks van healthy chow. En hulle ken van Gucci en Armani. En van Ginger Mary en GHD en Brazilian blow. En van gym en sport.

Nou hoekom het daai researchers­ nie hiernatoe geko’ nie? Dan kon o’s hulle gewys het van hoe intellectual bruin vroue die fondamente lê vir alle ander beroepe?

Bruin vroue is duidelik gerepresent op die hoogste vlakke van die intellektuele samelewing. Hulle is dokters, advokate, rekenmeesters, onderwysers, redakteurs, verslaggewers, TV-aanbieders, paramedics, leiers van politieke partye.

Die wiel draai vinnig. Kyk maar na die woede onder bruin vroue ná hierdie uiters vernederende navorsing.

Ons vroue het opgestaan. Ons laat ons nie meer vertrap nie – nie deur swak navorsers of oopbek-Kuli’s nie.

Bruin vroue het reeds oorgeneem op verskeie terreine.

En aan daai sogenaamde navorsers: If you strike a coloured woman, dan gaan djy op jou moer kry!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters