4 maande gelede
Bring ma’ nóg gattas, want gangs meen hulle is nwatas
 ~ 

EK HÉT al my mening hieroor gelug, maar ek gaat dit weer sê …

Die hoë getalle polisiebeamptes en lede van law enforcement gaan geen verskil maak aan die hoë misdaadsyfer nie.

Djulle spog nou onlangs oor die klomp wetstoepassers wat in die Bontas losgelaat is om die crime rate af te bring.

Laat die uwe nou vi’ djulle vi’dag vertel. As die attitude van die gemeenskap, vuilgat-gangsters en misdadigers nie teenoor die gattas verander nie, dan kan djulle maar op djulle kop staan en halleluja deur djulle poephol sing. Dit ga’ niks baatie.

Gooi ook daarby die slap wette en mankolieke regsproses.

As ekke maar nou soos ’n gangster en misdadiger kan dink …

“Ôs gangsters ka lekke oppie hoeke sit, dagga en tik roek en ma se goeters vloek. Die gattas se moere, hulle ka’ ôs niks maakie ...

“As hulle ôs wil ytskud of optel, dan staan die community saam en moer hulle weg mettie klippe! Ja, daai einste dom community vir wie ôs soe gevange hou met ôs k*k. Dis húlle wat ôsse battles teen die boere fight.

“En my taanie ken van baklei as die boere my wil kô haal oor daai gun wat ek hie’ in ôs huis weggestiek het.

“Ek sê djou, dis lekke hie’ in gangsta’s perredaais, want hie’ is ôs untouchable!

“As ekke boonop ’n crime commit, kan die gatta wat my kô arrest my nie ee’s skeef aankyk nie, want ekke kan ’n saak teen hom maak.

“Ja, hy moet my soes ’n babatjie treat – pasop vi’ djou, Opod is op djou case!

“Jislaaik, innie hof ka’ ekke nog lekke pick and choose tussen die staat se lawyers.

“Die familie van my victim wat ekke sat gemaak het, betaal daa’voor.

“Vanuit die mang ka’ ekke nog daai einste familie lekke target, want ekke het toegang tot ’n foun.

“Ja, hie’ innie mang issit lekke! Djy ka’ maak soes djy wil.

“Ôs hoefie hard te werkie. As djy nie die treatment hie’ binne likes nie, dan ka’ djy gou toi-toi en so ’n paar matrasse uitbrand.

“Aweh! Dié Grondwet en menseregte-goeters is nogal ’n kwaai ding! Dit protect ôs kwaai. Ôs dala lattie k*k spat, dan skuil ôs agter ôs regte. Dis mos duidelik!

“Die doodstraf is uit, soe ekke ka’ maar ’n serial killer wies, ekke sit maar net so bietjie meer as 20 jaar daar binne.

“Soe, bring maar djulle klomp gattas hie’ na ôs perredaais. Ôs is protected teen djulle! Hosh, pakamisa!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters