28 dae gelede
Brief uit die hart aan al onse frontline soldiers wat veg
SA’s frontline medical staff are being advised to care for their mental health as they battle the Covid-19 pandemic.  ~ 

BESTE Frontline Soldiers,

Wat ’n roller­coaster is die laaste tyd van lockdown en Covid-19 nie.

Maar mens, was dit nie vir julle – die Frontline Soldiers – nie, where would this country be?

Soos iemand se WhatsApp status lees: Dis nie net dokters en verpleegsters wat onthou sal word nie, maar ook die efforts van gewone werkers in die frontline.

Dokters, verpleegsters en ander gesondheidswerkers, ons weet julle het ook families. En julle vrees nes ons vir jul veiligheid en gesondheidstoestand.

Nog nooit het ubuntu so gefeature soos met die sopkombuise nie. Vra maar vir Quinton, die Shackbuilder.

Hierie man en sy span perform true miracles oppie Cape­ Flats en sommer orals.

Doen klein dingetjies groot... doen dit aanhoudend, totdat dit uiteindelik volhoubaar word.

Vra maar net vir antie Ties van die skoolvoedingskema wat haar gesin agterweë laat om vir ander anties se kinders douvoordag kos te maak.

Vra maar net vir die Social Golfers wat hand diep in daai gholfsakke steek.

Vra maar net vir Jap Metal en die VW-klubs wat petrolgeld omskep in kosgeld. Wat honger magies vul met hoop.

So, waarom sal die uwe worry of die bleddie drankwinkels nou oop of toe is?

Drank het nog altyd net ’n verwoestende effek gehad.

Watch net hoe sneuwel lockdown onder drank.

Maar tog beteken dit die einde vir die bliksems wat drank ten duurste gesmokkel het. Wonner wat gaan hulle nou met hul drank maak.

So, waarom sal die uwe worry oor twak?

Praat twak nes julle wil. Met of sonner ’n kopdoek. Maar ek het simpatie met my anties en uncles in my township wat truly suffer onder siekmakende smokkel-entjies. Dit glo net ter wille van die pockets vannie main konyne in die entjie-onderwêreld.

By the way, die rokers sweer hulle gaan die spaza shops straf oorlat hulle die smokers so hard slaan met sigaretpryse.

Maar ek worry ook saam met ouers wat worry oor hul skoolkinders se safety. Luister gerus wat Juju gechise het oor kinders wat op oorvol busse en taxi’s “reeds besmet” by die skool mag opdaag.

Ons het ook gesoebat vir die oopmaak van kerke, maar nou raak die kerkgangers stiller.

Die vrees vir die virus is maar deel van ons, whether ons dit wil admit of nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters