3 dae gelede
Bok-koors is baie lekker, maar daarna is dit terug na reality
Albert Bakkes  ~ Argief

EK HET steeds ’n hangover.

En ek likes nie eens sport nie. Veral nie rugby nie.

Miskien is dit maar al daai childhood trauma.

Maar tot ék verstaan die hele ding rondom die Bokke se sege.

Kolisi en Rassie en die res van die “gemengde” span het aan die land en die wêreld gewys dat ’n span ongeag velkleur, opvoeding en lewensomstandighede as een kan staan – en die onmoontlike vermag.

Die verstommende spel teen die Ingelse was en is voorwaar ’n miracle.

Dit het op die oog af die land verenig, ook ongeag velkleur, opvoeding en lewensomstandighede.

Kyk maar na die foto’s van die Bokke se verwelkoming op OR Tambo en jy sal sien wat ek bedoel.

Maar ek is só jammer om op almal se victory-parade te pie, maar ons moet ongelukkig oor die olifant in die kamer praat.

Wanneer ons collectively wakker word en ons World Cup hangover afskud, sit ons land steeds met die nagevolge van state capture.

Eksdom, kaler as ’n stripper van al die diefstal daar, het juis die week weer aangekondig dat die kanse vir beurtkrag (weer) ál groter word.

Hy moes mos sy backup generators gebruik om die ligte aan te hou. En nou raak die cooling water en diesel daar by die generators op.

Die staat se voormalige hoof van kommunikasie- en inligtingstelsels Jimmy Manyi, wie se vingers jare tot by die elmboë in die staatskoffers was terwyl hy lekker kontrakkies vir die Guptas gespin het, het mos dié week voor die Zondo-kommissie ewe gebelg gesê hy was net ’n pawn. So asof Zuma-hulle skaak gespeel en nie alles gesteel het nie.

En gepraat van die Zoomster ... Hy het homself weer verskoon van die meeting daar by regter Zondo volgende Maandag, want hy’s glo te siek.

Terloops, hy het ook gevra vir die reg op appèl nadat ’n volbank regters klaar beveel het hy moet sy dag in die hof kry vir onder meer fraud en korrupsie.

My vraag is, hoekom is géén van dié !@#$%^ nog in die tronk nie? Seriously!

Die evidence is mos nou al geruime tyd beskikbaar. So, wat is die probleem?

In enige regte demokrasie sou sekere mense lankal op hulle swaard geval het.

Of die regsproses sou sy beloop geneem het.

Maar as die warm-om-die-hart-gevoel rondom die Bokke gaan lê het, is dit terug na warm om die kraag ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters