8 maande gelede
Aarto-wet kan bollie laat spat
 ~ 

JA-NEE, hier gaan ons al weer ... Onthou jy die Aarto-wet?

Dié wet kom nou al (byna) 20 jaar aan, maar dit kon eenvoudig nog net nie in werking gestel word nie.

Nou lyk dit egter asof hulle dit wil deurdruk.

Die Wetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) van 2015 is mos in Augustus 2017 uiteindelik deur die portefeuljekomitee vir vervoer gewysig.

So, wat beteken dit vir die padgebruiker?

Wel, die grootste impak gaan natuurlik daai points demerit system wees.

En dit werk so:

Kragtens die wet gaan jy – anders as die skoolpuntstelsel waar meer punte beter is – in die sop beland as jy meer punte weens padoortredings opbou.

Almal gaan met zero begin. En bly maar by daai zero, asseblief!

Karre sonder ’n lisensie, of wat nie geregistreer is nie of waarvan die nommerplaat ontbreek, kan jou ’n R500-boete en ’n punt van -1 kos.

Dieselfde geld vir praat op jou selfoon, of as jy sonder stilhou oor ’n stopstraat ry of nie by ’n rooi verkeerslig stop nie.

Jy kry -6 onder meer vir dronkbestuur, as jy vinniger as 100 km/h ry waar die spoedgrens 60 km/h is, of meer as 140 km/h in ’n sone van 100 km/h of meer as 160 km/h in ’n sone van 120 km/h. ’n Gepaste fine sal deur die hof bepaal word.

Liksens

As jy -12 slaan, is dit basies tickets met jou, want dan kry jy ’n drie maande lange suspension op jou rybewys vir elke punt van -1 wat jy oor daai -12 punte is.

Maar terug by die -12 ... Een punt val elke drie maande weg, maar ook net as jy nie enige oortredings in daai drie maande het nie.

En ’n liksens kan heeltemal gekanselleer word as dit drie keer ge-supsend is.

Elkeen van daai minus-punte word teen jou naam geregistreer as jy daardie boetes of penalties betaal het of dit op lay-bye afbetaal. Óf as die hof jou skuldig bevind óf wanneer daar ’n hofbevel uitgereik word.

Klink complicated, nè? Want dit is. Om ál die data te capture, gaan een reuse-taak wees waarvoor jy as taxpayer ook gaan opdok.

Want hulle benodig ’n enorme computer system en mensies om dit te run, en jy moet met jou belastinggeldjies daarvoor betaal.

Ons weet hoe soortgelyke systems in die land ge-run word, nè? E-tolls, anybody?

Daarby sê die Justice Project SA dié wysigings vat die howe nou uit die prentjie.

As ’n mens wil appelleer, moet jy binne 30 dae aan die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) skryf. Dié besluit dan of jy wel oor die vingers getik moet word.

Maar oeps! Dié agentskap is ’n state-owned enterprise, wat byna heeltemal ge-fund word deur traffic fines. So, ek dink nie hy gaan mooi luister na jou smeekbrief nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters