22 dae gelede
Laat weet vir Hamilton dat Wendy ’n nuwe handlanger makeer
 Die aktrise Jolene Martin. Foto: Verskaf.
Beatrice Cupido (Jolene Martin) is die baas van die plaas in Arendsvlei.  ~ Foto Verskaf

DIS dié week presies ’n maand gelede dat Arendsvlei se tweede seisoen begin het.

#SonSienAlles en het, met die klomp nuwe gesigte innie Vlei, gedink kô ôs try en #MikHoog en bring jou die week se #LiefEnLeed.

Dié week se hot topic is seker maar Beatilton. Die skoolhoof en sponsor was vandeesweek nes Eskom se load shedding – aan en af.

Soos ons ook nie geweet het of ons moet kerse kry of nie, het arme Aunty Gertie en Ronel ook nie geweet of hulle nog tissues of blomme moet koop nie.

Hamilton sal hom dringend ’n werkie moet aanskaf, want die man skryf dan nou briewe. Weet duidelik nie van WhatsApp nie.

Toe arme Bea ’n opsie van twee leë-koeverte kry, het ek gedink: Is Telly Fun Quiz dan nou terug?

Iemand, laat weet net vir Wolf Wendy kort ’n nuwe handlanger.

Wat my en sekerlik die baie ander #ArendsvleiTwitterFam – ja in die sosiale media is ons soos ’n cult – move, is Daniel.

Kyk, ek voel soos Mr. Miyagi oor Daniel.

Daai klong roer ’n mens se hartsnare en tap die laaste ou liewe bloeddruppeltjie uit my hart. Al wat nogal ’n bietjie oor Daniel pla, is dat hy een aand in net ’n ontie geslaap het en die volgende aand slaap hy in ’n trunky.

Seker niks fout daarmee nie, maar dis koud, kind. Jy moet maar in jou grys skoolbroek slaap of kyk om ’n tracksuit-broek daar by die skool te gaps.

Gepraat van by die skool: Wesley is net te spuls op die skoolgronde. My hartjie brand om in Januarie hulle matriekuitslae te sien. Ek dink nie Lee-Roy of Wesley se aandag gaan by die boeke wees nie, want Curtley “Shakespeare” skryf nou poems wat selfs vir Claudia slapelose nagte gee.

Gepraat van spuls: Hoe loop Aunty Gertie, Beatrice en Samantha dan sommer net so by Thys se huis in? Wat as Ronel nie daardie swart nighty aangehad het nie? Of wat as dit Janice en Lionel was?

Wat my die meeste gepla het, is Uncle Johnny en Tilla, die mayor, wat dan nou in die park hide-and-seek speel. Ek hoop Hazelnuts vang hulle twee. Sy óf suster Kleintjie.

Ek sal ook nogal likes om te weet waar Waanie met sy proper Afribosch uit die bus geval het om trok driver te wees.

Die cherry op die koek was natuurlik Valdonia, die glamorous actress­, wat ’n gift van Waanie, sonder enige boksie, sommer net so uit sy leather jacket-sak accept.

#MikHoog kinnes vannie Vlei...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters