15 dae gelede
Halleluja, amen... Wendy het am nie innie kerk vlam gevat nie!
moordenaar: Rehane Abrahams vertolk die rol van Wendy Newman in Arendsvlei.foto’s verskaf  ~ 

NANZUKO vir Trivonecia!

Ilke Bastiaan, waar kom jy aan daardie naam? Het jy en mooie Jason vir ’n sekonde gedink dat Stacey nog skool toe moet gaan?

Oumie Hazel maak kapsie oor die kind se van Samuels eerder as Bastiaan is. Nee oumagoed, jy moet gayle oor Trivonecia en hoeko het Suster Kleintjie nie object nie?

Gelukkig het Wits jou accept, so gaan delete net daai tweede naam in Jozi.

Die groot verligting is Wendy, wat nie in die kerk vlam gevat het nie. My nellies was Clarence Carter vir die duiwelsvrou wat voor die preekstoel sit. As ek Lucky Luke is, dan question ek my mother-in-law se gesture of goodwill. Wendy kon hom nie ’n increase gee nie, maar sy het geld vir Stacey se studies...

Samantha is vinnig weg by die doopmaal. Ek twyfel of sy barakat het. Shame, sy verwag ’n onderskeiding in Engels en ál wat sy kry, is Wolf wat intrek.

Spicey Sam moes maar hoop sy word op 19 ousus, nou sit sy met stiefpa Hamilton wat in die kamer in die gang af slaap.

Gepraat daarvan – Queen B brag oor antie Gertie wat vir Hamilton se intrek wag soos ’n kind vir Kersvader wag. Maar sy het allesbehalwe excited gelyk. Daai relationship het teen ’n spoed gekom en ongelukke gebeur gou.

Jissie, op oudag is daai Ola Pastry Oosthuizen en Koekie darem Jessica! En so by my koolkop, daar vang Hazelnuts hulle. Sy gaan enjoy die mask, pleks van die tea spill en uitkom met die sak patats.

Wesley is lankal moeg van perde opsaal, nou mince daai Mable net.

Is reg, want met ’n special bag soos Lee-Roy sal enigeen van neon na grasgroen draf.

Curtley hou hom aspris soos Mother Teresa, maar stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond. Die klong smaak sê “skaakmaat”.

Meanwhile appear daar ’n nuwe onnie innie Vlei. Die laaste twee het sommer heel vryerig in die klaskamers geraak.

Beatrice lyk nie of sy ’n Ben10 soek nie. Ons hoop maar die nuwe beaulah bag, Nathan, maak ogies vir Kim. Sam was nie happy oor haar ma en berk ’n couple was nie, so dalk is sy oukei as haar bestie en boeta date.

Waanie se Afribosch is vir my te on point. Elke keer as hy praat, dan picture ek sy woorde loop op hoë hakke.

Maar dis die #LiefEnLeed en ons #MikHoog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters