15 dae gelede
Gooi jou glitter, want deur lief en leed is ons stronger together
danny ross,akteur,arendsvlei
Hoe nice is Nathan (Danny Ross) nou eintlik?  ~ Penguin Films

WANNEER sy nie besig is om plastiek op te tel nie, help sy haar medemens.

Saartjie is beslis ’n hele Captain Planet. Sy is earth, fire, wind, water en heart. Ek sien haar al by die United Nations. Maar wat gaan die kind doen as Karelse en die priscilla haar ma in betties sit?

Valdonia en Bianca is ’n mengsel van Murder, She Wrote en How to Get Away with Murder. Valdonia is deur Bianca aangesê om so diep in te asem en hard uit te blaas, ek het skoons op die couch gesit en diep asemhaal.

Ma Laetitia het my die week marie gemaak.

’n Maand gelede kon sy skaars twee sinne gayle en nou miena sy agter Shanetjie dat die arme Daniel-kind nie kon gaan kamp nie. Ek’t saam die cindy gesit en carol.

Samantha is nou vir jou domi­nique. Sy dink Nathan is ’n nice, goeie ou. Die is nou die einste kind wat twee broers gedate het, want sy het ook gedink Emile en Christo­pher is nice. Samantha, jy moet maar nie meer dink nie.

Ek weet nou nog nie hoekom Nicky gebly het waar sy is nie, want Anton se harriets trek my aandag af. Wat is in die Noord-Kaapse water? Want hy is hier weg met krushiela en kom met gladys knight terug.

Verlede maand was Kim meer om Nathan as sy skaduwee. Toe sy dié week sy hartklop moes wees, is sy MIA en laat die deur oop vir Wendy om ’n move te maak. En daai een is die definisie van opportunity!

As daar nou twee lit olas is, is dit Aunty Gertie en Uncle Johnny.

Dié twee goue oues ry vinnig Avontuur toe en kô getroud terug. Curtley reken hulle is romanties. Ha-a, nee, daai kind, daar dwaal ’n Jessica Fletcher-mood in die Vlei.

Beatrice wil alleen saam Wolf gaan signal soek en sy gebruik die mabels as excuse, maar Sonja Heroldt sing nog kliphard. Hamilton is weer nie van die vinnigste nie. Hy soek nou nog die signal.

Lee-Roy loop met ’n groot lucky packet en ál wat hy uitgooi, is glitter. Die twee laat dalk ál wat ’n konserwatiewe is na hulle asem snak en ons kan sommer die mavis en sy bag, Wesley, in die sequal van Brokeback Mountain gebruik. Ons noem dit net “Moffies Gone MIssing”.

Op ’n serious note – daar’s sommer baie homofobiese Uncle Mike’s tussen ons. Dis nie net die gerties en letties wat moet opstaan teen homonormativity nie. Daardie taak rus op almal se skouers.

Ons is #StrongerTogether en #MikHoog deur #LiefEnLeed!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters