2 maande gelede
Winter is die tyd vir brande
pasop! Plaas brandblussers in elke vertrek wat ’n brandgevaar inhou, soos die kombuis, garage, opwasvertrek, ens.Foto: africannewsagency.com  ~ 

ONS is in die hartjie van winter en ons wil mos nou naarstig warm bly.

Een van die beste maniere om lekker warm te bly in die koue, is om ’n cosy vuurtjie aan die gang te kry.

Maar dit kan ook ’n groot brandrisiko wees.

Ons het wenke daaroor gevind op goeiehuishouding. co.za om jou huis brandbestand te hou.

Gaan jou toerusting na

Maak seker rooksensors is in die slaapkamers, gange, jou kombuis en die opwaskamer geïnstalleer.

Stel ’n skedule op om alarms maandeliks te toets, vervang batterye minstens een keer per jaar en vervang alle toestelle elke 10 jaar.

Plaas brandblussers in elke vertrek wat ’n brandgevaar inhou (soos die kombuis, garage, opwaskamer, ens.) en vervang dit elke vyf jaar.

Trek jou slaap­kamerdeur toe

Die helfte van alle noodlottige huisbrande ontstaan tussen 23:00 en 07:00, wat beteken vlamme kan versprei voordat jy besef iets is fout.

’n Toe slaap­kamerdeur verlaag die verspreiding van rook, vlamme en hitte drasties. Dit bied jou kosbare tyd om uit die huis te vlug.

stel ’n ontsnappingsplan op vir almal – insluitend die troeteldiere

Sonder minstens twee potensiële ontsnaproetes vir elke gesinslid, en oefen twee keer per jaar.

As jy kinders het, maak seker hulle herken die alarm en weet hoe om uit die huis te vlug as jy nie by hulle kan uitkom nie.

Moenie teruggaan in die huis nie

Jy kan rook inasem en dit kan noodlottig wees. Wag eerder dat nooddienspersoneel opdaag, want hulle is opgelei om krisisse soos dié te hanteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters