3 maande gelede
Wees strandslim en bly veilig daar
strand: Maak seker jy en jou kinders swem waar daar menseredders is. Foto: capechameleon.co.za  ~ 

HIER is ook ’n paar wenke oor hoe om veilig te wees op die strand.

  • Wees waaksaam, veral as daar kinders by is.
  • Swem op plekke waar menseredders diens doen.
  • Slaan ag op waarskuwingstekens, veral dié wat wys as daar sterk seestrome is of as die water vuil is.
  • Onthou, om in die see te swem is heeltemal anders as in ’n swembad.
  • Sorg dat kinders en ander mense wat nie kan swem nie, life jackets aantrek.
  • Moet nooit in ’n dam, rivier of die see induik as jy nie die bodem kan sien nie – jy kan maklik jou nek breek.
  • Kyk na die weervoorspelling as jy strand toe gaan en wees versigtig vir weerlig.
  • As die seewater troebel is, moenie ingaan nie.
  • As ’n seestroom jou intrek, moenie spartel nie.
  • Probeer saam met die stroom uitswem. As jy nie kan nie, sal die stroom jou wel later terugbring strand toe.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters