3 maande gelede
Wees slimmer as boewe
foto ter illustrasie  ~ 

DIT is feestyd en almal sien uit na lekker dae van kuier en relax.

Al jou harde werk gedurende die jaar kom tot ’n einde en jy kan uiteindelik ontspan.

Dit is ook nou tyd om daardie spesiale geskenke vir jou geliefdes te koop, maar moet asseblief nie oorboord gaan nie. Die feestyd is nog lank.

Ons adverteerders in hierdie shopper bied spesiale pryse aan ons lesers. So, moenie te lank wag nie, shop nou!

Hou al jou bank­kaarte en kontant op ’n veilige plek.

Die meeste winkels aanvaar bankkaarte. So, dis seker die veiligste manier om te betaal.

Moenie jou handsak op toonbanke of op die vloer sit terwyl jy vir winskopies uitkyk nie.

Dit sal jou duur te staan kom.

Diewe is dié tyd van die jaar baie bedrywig en hou jou fyn dop.

Hulle wag net vir die regte oomblik om jou handsak en besittings te steel.

Hulle is super-vinnig – so, wees waaksaam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters