19 dae gelede
Wees ekstra veilig
Pasop! Daar is ’n skerp toename in kubermisdaad en bankkaartbedrog in Suid-Afrika.  ~ iStockphoto

DIS weer daai tyd van die jaar wanneer misdadigers nou éérs hulle oë op ons geld het. Een van die maklikste maniere om hulle hande op ons geld te kry, is cyber crime.

Volgensfinansies.solidariteit.co.za sê die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-Inligtingsentrum (Sabric) daar is ’n skerp toename in kubermisdaad en bankkaartbedrog.

Geraai

In 2018 het 23 466 voorvalle met banking apps, aanlyn bankdienste en mobiele bankdienste tot bruto verliese van ongeveer R263 miljoen gelei.

Dis kommerwekkend aangesien voorvalle op hierdie platforms met meer as 75% toegeneem het.

Misdaad soos dié word gewoonlik gekoppel aan ’n password wat gesteel of geraai word.

In sommige gevalle verskaf die slagoffer dit selfs onwetend aan die skurke.

Studies toon die meeste mense gebruik dieselfde wagwoord vir hulle aanlyn bankrekeninge as dié wat hulle op sosiale media en aanlyn inkopie-webwerwe gebruik.

As een van hierdie verskaffers in die gedrang kom en kuberdiewe toegang tot die saved pass­words kry, is die kans goed dat hulle dit op aanlyn bankwebwerwe suksesvol kan gebruik.

Die onrusbarende toename in bedrog op banking apps kan daaraan toegeskryf word dat bankkliënte dié platforms al hoe meer gebruik, reken Kalyani Pillay, die uitvoerende hoof van Sabric.

Phishing is seker die gewildste en bekendste metode.

’n Cyber criminal stuur vir jou ’n e-pos of SMS wat voorgee hy is jou bank en vra jy moet ’n onlangse purchase bevestig.

As jy op die link in die SMS-boodskap of e-pos klik, neem dit jou na wat presies soos jou aanlyn bankrekening lyk, behalwe dat dit eintlik ’n clone is wat die boef beheer.

Sabric doen ’n verdere beroep op bankkliënte om nooit hulp van enige iemand by ’n OTM te aanvaar nie, ongeag hoe vriendelik of behulpsaam hulle ook al voorkom.

“Misdadigers se begrip van sielkunde is goed.

“Hulle sal nie huiwer om sosiale taktieke te gebruik om enige mens­like kwesbaarheid uit te buit nie,” sê Pillay.

“Dit is in ’n poging om vertroulike inligting, soos ’n PIN of ’n password, te bekom en sodoende jou swaarverdiende geld te steel.”

Misdadigers nader slagoffers onder die voorwendsel dat hulle van hulp kan wees. In baie gevalle doen die misdadigers hulle selfs as bankamptenare voor.

Hulle steel dan die slagoffer se bankkaart en gebruik shoulder surfing om die PIN te verkry.

Shoulder surfing is ’n tegniek waar inligting, soos persoonlike identifikasienommers (PIN’s), pass­words en ander vertroulike inligting, bekom word deur dit oor die slagoffer se skouer af te kyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters