23 dae gelede
Warm en stylish
onvolledig: Hulle het vergeet om handskoene te koop, dís hoekom hulle nog koud kry.foto’s verskaf  ~ 

KYK, mense, ons kla nie oor die reën nie, want ons het dit bitter nodig vir ons damme.

So, ons is ontsettend dankbaar daarvoor, maar ai, die koue wat so byt – b’rrr!

Maar dis immers nou die hartjie van winter. So, dis te verwagte, en hopelik reën dit nog tot einde Augustus.

Dit sal nogal nice wees as ons hoë watertariewe darem ietwat daal. Ons almal sukkel mos maar.

En ons gebruik ook baie meer elektrisiteit in die winter.

Boonop kry ons deesdae ook nie baie units vir ons rande nie.

’n Mens wens jy kan ’n bietjie hibernate, maar daar’s dinge om te doen.

Nou ja, doen dit dan sommer met style, want wanneer ’n mens goed lyk, vóél jy ook goed.

Bargains

En dalk is dit net mooi tyd om daai nuwe boots, jas, baadjie, handskoene, beanie – wat ook al – wat jy lankal wou hê, te gaan koop.

As jy jou eie uitrusting wil maak, look no further: In dié bylaag bied ons adverteerders jou talle bargains.

Vir die couch potatoes word snoesige komberse en throws in dié bylaag gebied.

Sit daai TV remote neer en gaan ’n bietjie by die huis uit.

Daar is soveel wintersport. So, gaan ondersteun jou gunsteling- plaaslike span.

Die atmosfeer langs die veld of baan is so warm, jy sal die koue skaars voel.

Winter en sop is mos sinoniem. Nou ja, in dié bylaag is ’n resep vir die heerlikste chicken & corn-sop wat in ’n kits gemaak kan word.

Dis voedsaam en vullend. Vat dit sommer in ’n flask saam met toebroodjies na die game – m’mmm.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters