Verlede maand
Wag, al klop jou hart tjoklits
Nie speelding: Konyne het tot tien jaar se sorg nodig. foto’s verskaf  ~ 

HASIES of konyne is die ideale Paas­geskenk – as hulle van sjokolade gemaak is.

As jou gesin nie weet hoe om na ’n regte konyn te kyk nie, gaan iemand met krap- of bytmerke opeindig ... en die konyn in ’n shelter.

Dis nou as die mak konyn nie “vrygelaat” word nie. Dít is ’n doodsvonnis, want hy weet nie hoe om na homself te kyk nie.

Hy is weerloos teen kieme en uitgelewer aan die elemente.

Konyne is nie speelgoed nie. En al is daai konyntjie hóé cute, verg hy ’n huge commitment.

Dié intelligente plant­eters het tot tien jaar se sorg nodig van iemand wat weet hoe om hulle te hanteer. Konyne wil op die grond wees en is territoriaal.

’n Geraas sal hulle ontstig en ’n gevat en optellery maak hulle bang. Dít sal hulle laat krap of byt.

En as iemand hom laat val, kan hy ’n been of selfs sy rug breek.

Gesondheidsorg vir konyne kan ook duurder wees as dié vir honde of katte.

Benewens dat jy hulle moet laat regmaak, wys hulle nie maklik wanneer hulle siek is nie. Al hoe jy gaan weet iets is fout, is as jy hulle roetine ken. Jy sal dus baie tyd aan dié troeteldier moet afstaan.

Hulle kan ook nie heeltyd net in ’n hokkie sit nie; hulle kort speelplek en oefening in ’n veilige omgewing.

Hulle hou van kou, so elektriese drade en ander no-no’s moet buite hulle bereik wees. Vars kos soos hooi en blare is noodsaaklik (nie net pilletjies nie). Bunnies bollie baie en oral, en dan vreet hulle dit soms.

Gelukkig kan jy hulle train. Sit ’n litter box in hulle hokkie en nog een in hulle speelkamer. Dit moet minstens een keer per week geskrop word.

Dit sal nie die enigste skoonmaakwerk wees nie.

Daai oulike pelsie kan nogal baie hare oral laat beland. As al dié dinge jou nog nie afgesit het nie, blyk dit in jou lewe is daar spasie vir ’n hasie. Indien nie, choose chocolate.

Bronne: rabbit.org, news.nationalgeographic. com, huffpost.com, courierherald.com, blog.theanimalrescuesite.greatergood.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters